Faraway GeorgeFaraway George

Die gewilde folk-sanger, Faraway George, wat in Pietersburg (Polokwane) gebore is en deesdae saam met sy vrou in Tzaneen op ‘n plaas in Magoebaskloof tussen die berg woon, het met Jazz-musiek grootgeword. Hy het as tiener begin kitaar speel. Alhoewel hy aanvanklik argitektuur sou studeer, het hy dit opgegee vir sy musiekloopbaan. Sy debuut-kortspeelplaat, Vir ’n Vreemdeling, is in 2016 vrygestel, maar vroeg in 2020 het hy sy langverwagte album, Burnt & Found vrygestel.

Vanaf hierdie album is daar twee indrukwekkende enkelsnitte, Sugar Cane en Armour uitgereik en nou volg hy dit op met die uitreiking van sy derde enkelsnit Hey Sister. Dié liedjie gaan daaroor om kontak te behou met jou familie nadat jy die huis verlaat, en soos die ander snitte vloei dit óók uit sy eie pen.

“Toe ek gaan studeer het en die huis verlaat het, het ek besef hoe baie ek my broer en suster mis. Selfs die tye wanneer hulle op ‘n mens se senuwees werk word later waardeer omdat dit steeds tyd is wat jy saam met hulle kon spandeer. Daar is ‘n gedeelte in die liedjie waar ek sing – why won’t you bother me? – dit gaan juis daaroor. Dit laat ‘n mens besef dat jy moet tyd maak vir jou familie en mekaar moet waardeer en geniet in die lewe ”, sê hy oor hierdie nuwe vrystelling van hom.

Faraway George se musiek kan beskryf word as ‘n mengsel van Folk-akoesties en Indie, met elemente van Country wat plek-plek deurskemer. Sy musiek inspireer en laat jou fokus om die dinge in die lewe te waardeer en te fokus op wat belangrik is, eerder as op die geraas van aardse dinge.

Open in Spotify

Hy is tans weer besig om liedjies te skryf vir ander kunstenaars en enige belangstellende kunstenaars kan hom kontak.

Op die 30ste Oktober 2020 kan jy hom ook in aksie sien in Carolina by Acorn Guest Farm saam met mede-kunstenaars Joshua na die Reën, Stella en Leon Gropp en kaartjies is beskikbaar by raindust.co

“Ek hoop elkeen wat hierdie liedjie luister gaan moeite doen om meer tyd met hulle familie te spandeer en sommer net die foon optel en bel”, sluit hy af.

Hey Sister is op alle digitale platforms beskikbaar wees.

iTunes | Spotify | Apple Music

Social Media

Facebook | Instagram | Twitter | Webblad | YouTube

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!