Die sanger-liedjieskrywer Eugene Nel stel vandag sy musiekvideo vir Boer Genoeg bekend.

Dié 21-jarige musikant van Alberton, het op die ouderdom van 12 sy eerste kitaar gekry en na ‘n ruk het sy ouers besef dat hy ‘n passie het vir kitaarspel en so is hy gestuur vir kitaar lesse. Na hy Graad 1 tot 8 voltooi het in kitaar lesse, binne twee jaar bygesê, het hy die volgende instrument aangedurf, dromme waar hy homself geleer het. Eugene is tans besig met sy 4de graad in klavier as ook sanglesse.

Boer Genoeg is geskryf deur Eugene, en vertel die verhaal van Eugene wat verlief raak op ‘n plaasmeisie. In ‘n poging om haar te beïndruk probeer hierdie stadsjapie sy lyf plaasjapie hou, sy stel hom wel gerus dat, net soos die koor lirieke lui “As jy kan braai is jy man genoeg, man genoeg vir my; As jy kan dans is jy die regte een, die regte een vir my; As jy kan bakkie ry, en biltong sny is jy boer genoeg vir my; Maar as jou lippe lekker vry, gaan jy nog lekker kry” Dat is hy goed genoeg vir haar.

Eugene vertel dat hy daarvan hou om liedjies te skryf, te toonset en te vervaardig. Hy het ‘n Lukas Maree Liedjieskryf werkswinkel bygewoon waar hy baie waardevolle raak geleer het oor liedjie skryf. Hy skryf wel meestal uit ander mense se perspektiewe uit, sodat sy liedjie universeel kan wees.

“Ek hou daarvan om my idees van lirieke neer te skryf en instrumentele stukke op te neem, sodat ek dit later in ‘n nuwe liedjie kan gebruik. Ek het al oor die jare besef dat daar soveel meer is as om liedjies oor liefde te skryf.”

Eugene Nel
Eugene Nel. Foto: HJ Click Photography

Eugene het ‘n platemaatskappy, Eulen Records as ook sy eie opname-ateljee. Nie net het hy ‘n Diploma in Klanktegnologie nie, maar hy tans besig met sy BSc Klank Ingenieurs Graad by die Academy of Sound Engineering.

Eugene het al vir groot Suid-Afrikaanse kunstenaars al geopen wat insluit, Pieter Koen, Lizz Meiring, Manie Jackson, Jakkie Louw en Anton Botha onderandere.

Kyk die musiek video hier:

https://www.youtube.com/watch?v=pNVLggkcyxM&feature=emb_title&ab_channel=Eugene

Boer Genoeg is beskikbaar op alle digitale platforms.

iTunes | Spotify | Apple Music

Social Media

Facebook | Instagram

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!