Kraakvars Top 40 - Jaareinde 2022

Sien die Kraakvars Top 40 Jaareinde Trefferlys se grootste liedjies hier!

Die einde van 2022 is hier. Die jaar het Afrikaanse musiek weer ‘n herlewing beleef met soveel nuwe kunstenaars wat die mark betree het. Die Kraakvars Top 40 is begin in September 2020 met die doel om gevestigde, onafhanklike, en nuwe kunstenaars op een trefferlys vas te vang. Met ‘n weeklikse publikasie rotasie, hardloop die observasie periode elke week vanaf Vrydae tot Donderdae, en dan word die trefferlys gepubliseer op die eerste Sondag na die observasie periode.

Om die 2022 Kraakvars Top 40 se grootste treffers te bereken, het ons na die aantal weke gekyk wat die liedjie op die trefferlys verskyn het en dan 40 punte gegee vir elke week, en dit by mekaar getel. Dan het ons die som totaal elke liedjie se posisie vir elke week by mekaar getel, en dit afgetel van die totale punt wat gekry is vir elke week op die trefferlys. So het ons die Kraakvars Top 40 Jaareinde Trefferlys saamgestel vir 2022.

Die Kraakvars Top 40 liedjie van die jaar is Hey Sonneblom van Droomsindroom. Droomsindroom het op die perfekte tyd hul eerste enkelsnit vrygestel. Die broer-duo se sukses word toegeskryf aan hul deursettingsvermoë, werksetiek, deur genuine nice ouens te wees, en hul toegewyde aanhangers. Hey Sonneblom was ‘n totaal van 35 weke op die trefferlys, 12 weke op No 1, 16 weke in die Top 5, en 24 weke in die Top 10.

Droomsindroom op die verhoog by AIG 2022. Foto: Quintessential Photo and Video Worx

John Rock Prophet se My Blom lê tweede op die jaareinde trefferlys. Hierdie liedjie was ‘n totaal 35 weke op die trefferlys, waarvan 8 weke op No 1, 20 weke in die Top 5 en 20 weke in die Top 20.

Die prins van Afrikaanse musiek, Eloff het die musiek arena laat in 2021 betree met sy eerste enkelsnit, Johnnie Blou, maar dit was sy derde enkelsnit Witblits wat hierdie jaar getriomfeer het. Witblits is die 3de grootste liedjie op die Kraakvars Top 40. Witblits het ‘n totaal van 25 weke op die trefferlys gespandeer, het op No 2 sy hoogtepunt bereik het vir drie weke, 13 weke in die Top 5, en 18 weke in die Top 10.

Eloff. Foto: Facebook.

Marissa het twee liedjies op die jaareinde trefferlys van die Kraakvars Top 40, op No 4 is Kaalvoetliefde. Hierdie liedjie het al ‘n totaal van 34 weke op die trefferlys gespandeer, 1 week op No 1, 3 weke in die Top 5, en 13 weke in die Top 10. Bietjie Dronk wat Marissa se tweede enkelsnit is, is op No 9. Bietjie Dronk het 22 weke op die trefferlys gespandeer, op No 4 hoogtepunt bereik het, 8 weke in die Top 5 en 12 weke in die Top 10.

Die Rap-duo KUIERKOORS se Sterre is op No 5. KUIERKOORS bestaan uit Lil Jayy en Donnevin de Bruin. Sterre was ‘n totaal van 31 weke op die trefferlys, het op No 2 hoogtepunt bereik het, 3 weke in die Top 5, en 10 weke in die Top 10.

Barto Swiegers se debuut enkelsnit, H2Oë is die 6de grootste liedjie op die Kraakvars Top 40 hierdie jaar.  H2Oë is al ‘n totaal van 18 weke op die trefferlys, 4 weke op No 1, 15 weke in die Top 5 en 17 weke in die Top 10.

Barto Swiegers. Foto: Facebook

Lyfstraf van Bjarne X Snacci is die sewende grootste liedjie op die Kraakvars Top 40. Lyfstraf is al 26 weke op die trefferlys, die liedjie het op No 2 sy piek bereik, 6 weke in die Top 5, en 15 weke in die Top 10.

Prop se debuut enkelsnit Kwaaitjie het die pret terug gebring in 2022, hierdie liedjie is No 9 op die eindjaar trefferlys. Kwaaitjie het al 22 weke op die trefferlys gespandeer, 4 weke op No 1, 6 weke in die Top 5, en 11 weke in die Top 10.

Prop. Foto: Facebook

Die Top 10 word voltooi deur Gian Groen se Lonely Troebadoer. Hierdie liedjie het ‘n totaal van 21 weke op die trefferlys gespandeer, waarvan 1 week op No 1 was, 6 weke in die Top 5, en 13 weke in die Top 10.

Luister hier na die Kraakvars Top 40 Jaareinde Trefferlys op Spotify:

Open in Spotify

Jy kan die volledige Kraakvars Top 40 Jaareinde Trefferlys hier sien:

Kraakvars Top 40 - Jaareinde 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Weke Op No 1 Weke in Top 5 Weke in Top 10
1 Hey Sonneblom Droomsindroom 35 1 12 16 24
2 My Blom John Rock Prophet 35 1 8 20 20
3 Witblits Eloff 23 2 0 13 18
4 Kaalvoetliefde Marissa 34 1 1 3 13
5 Sterre KuierKoors 31 2 0 3 10
6 H2Oë Barto 18 1 4 15 17
7 Lyfstraf Bjarne X Snacci 26 2 0 6 15
8 Kwaaitjie Prop 22 1 4 6 11
9 Bietjie Dronk Marissa 22 4 0 8 12
10 Lonely Troebadoer Gian Groen 21 1 1 6 13
11 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 23 5 0 1 9
12 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 23 10 0 0 1
13 Sexy Selfie Bjarne Songs 17 2 0 1 5
14 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 15 2 0 4 5
15 Poetry Ashton Wheeler 22 5 0 1 2
16 Foto's Dodo Nyoka 9 1 3 9 9
17 Jagvat Jan Rhaap 10 2 0 4 10
18 Plaaslewe Anlia Star 11 1 1 2 5
19 As Ek Jou Onthou Stefan Jansen 17 1 2 3 5
20 Net Een Keer Samantha Leonard 10 1 1 6 8
21 Kopskud Revolusie Droomsindroom (feat Spoegwolf) 15 4 0 1 4
22 Vergaan Tasha 15 6 0 0 5
23 My Nannas Wikus Botma 11 4 0 1 2
24 Afrika Son Droomsindroom 14 1 1 2 3
25 Panado Vir Die Pyn Mionette 15 2 0 1 3
26 My Bok Wouter van der Venter 9 2 0 2 5
27 Bosveld Vakansie Prop 10 4 0 1 7
28 Bella Droomsindroom 13 6 0 0 5
29 Sex in Afrikaans Angie oeh 9 1 1 4 5
30 Lieflik Elandre 13 3 0 1 1
31 As Die Plaas Byt Marissa 10 8 0 0 2
32 Katools Kevboii 10 7 0 0 2
33 Waars Jou Nanas Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc 13 5 0 1 2
34 Ek Wens Ray Dylan 9 3 0 2 2
35 Alles Gee Jemma Catherine 9 3 0 3 4
36 Jy is My Huis Dodo Nyoka 8 7 0 0 3
37 Bokswyn Caroline Grace 16 6 0 0 1
38 Hobo-Hallelujah Rudi Claase 16 4 0 1 2
39 Almal Het Iemand Jemma Catherine 7 2 0 2 5
40 As Jy Praat Dodo Nyoka 8 5 0 1 3

Leave a Reply

error: Content is protected !!