Dangerous - Erik Kruger

Die hoogs-inspirerende boek, Dangerous, wat tans op almal se lippe is, het pas weer vir ‘n derde week in ‘n ry die gesogte Nielson Boeke 100 Toperkoper lys gehaal!

Dié boek, geskryf deur die suksesvolle stigter van Modern Breed, internasionale spreker en skrywer Erik Kruger, is op 3 Mei 2022 vrygestel en het kort daarna sy plek op Exclusive Books se Top 10-besigheidsboekelys ingeneem en toe blitsvinnig die Nielsen Boeke 100 Topverkoper lys gehaal.

Erik glo dat mense aanklank vind by die boek omdat dit die regte boodskap op die regte tyd bied.  “Na meer as twee jaar in oorlewingsmodus is dit nou tyd vir mense om weer beheer te neem, risiko’s te vat en te groei”, sê Kruger.

Tiffany Markman, internasionale spreker, afrigter, skrywer en boek resensent sê:  Dangerous is a keeper.  It’s easy to read, well-structured, accessible, and packed with concise nuggets you can actually apply.  Expect practical intelligence in a compact volume – that’s fitted neatly into my handbag for a week now). Lees die vol resensie hier.

Dangerous is jou perfekte handleiding om effektief te raak en op te tree teen die bedreigings in jou lewe.  Dit gaan daaroor om weer beheer te neem van jou lewe.  Ons moet almal ‘n bietjie meer “gevaarlik” wees sodat ons kan optree op ‘n manier wat ons kan help om die bedreigings in ons lewens te oorkom.

Neem vandag aksie teen daardie bedreigings in jou lewe.

Dangerousis uitgegee deur Tracey McDonald Uitgewers en is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel of aanlyn by:

https://www.loot.co.za/product/dangerous/cpyn-7631-g3a0

Leave a Reply

error: Content is protected !!