Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40:
Cezanne Yzelle maak haar debuut op No 1 met Waar Ek Moet Wees. Terwyl die snit een van sewe ander snitte is wat die week hul debuut maak op die trefferlys.
Johan Anker se Soldaat maak sy debuut op No 2. Gerduan Kemp skuif 2 posisie af na No 3 nadat die snit twee weke op No 1 gespandeer het. Rinel Day en Sonet Du Plessis hou vas aan hul posisies die week, onderskeidelik met Ek Het Opgestaan op No 4 en Breek Die Reëls Vir Liefde op No 5.
Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat. Bjarne) skuif af na No 6 vanaf No 3 verlede week. November van Afrikaans Wil Dans (feat. Charl Stander) hou ook sy posisie op No 7. Pierre Nel se Collide is weer die week terug op No 8, wat sy hoogste posisie is, en wat hy al vyf keer besoek het in die vorige 10 weke.
Matthew John Duncan word die eerste kunstenaar in die geskiedenis van die Kraakvars Reputasie Top 40 wat twee snitte in die Top 10 het, Stof tot Stof op No 9 en Roep op No 10. Stof tot Stof spring vanaf No 22, na die snit se musiekvideo op die 6de November vrygestel was.
Nuwesnitte op die trefferlys, buite die wat alreeds bespreek is sluit in, Macro Basson met Ghost Town wat op No 12 begin, Mechanic van Vincent Gordon op No 13, Sweetness van Kyle September op No 17, Hard Hard Kuier van GnT (feat. Shaun Tait) op No 18 en Onrus 2019 van Kinders Vannie Suburbs wat op No 30 begin.
Sien die volledige trefferlys hier: