Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40:

Johan Anker klim na No 1 met Soldaat na die snit verlede week op No 2 sy debuut gemaak het. Hard Hard Kuier van GNT feat Shaun Tait maak ‘n groot sprong vanaf No 18 na No 2.

Die volgende drie posisies in die Top 10 is almal nuwe snitte. Kwaai van Lil Jayy op No 3, Hoe Hoog van Renaldo op No 4 en Anderkant Die Hemel van Kwaggabees op No 5.

Sesde Sintuig van Gerduan Kemp sak terug vanaf No 3 verlede week na No 6 die week. Die musiekvideo vir die snit is op die laaste dag van die observasie periode vrygestel, so die snit behoort volgende week verder die trefferlys klim.

Bittersoet Gedig van Wilco, bereik sy hoogste posisie na die snit vanaf No 37 na No 7 spring die week. Rinel Day se Ek Het Opgestaan sit op No 8 en spandeer sy 11de week in die Top 10 wat ‘n rekord is. Verloor Jouself Op My van Dotcosa feat. Bjarne is op No 9. November van Afrikaans Wil Dans feat. Charl Stander spandeer sy 4de week in die Top 10 en is op No 10.

Zahn se Dis Hoe Jy Die Wêreld Verander bereik sy hoogste posisie na die snit se musiek video ook op die laaste dag van die observasie periode vrygestel. Ons verwag dat die snit nog ‘n hoër posisie sal bereik volgende week.

Hier By Jou van Krisjan maak sy debuut op No 21. Die snit se musiekvideo is ook die week uitgereik.

Noemenswaardige skuiwe op die Kraakvars Reputasie Top 40 trefferlys die week:

  • In Die Oomblik van Frikkie van Biljon klim besonders vanaf No 40 na No 30, net soos dit gelyk het of die snit die trefferlys sou verlaat het maak hy ‘n terugkeer.
  • Digters In Die Donker van Leon Gropp maak weer sy verskyning op No 37.
  • Teveel van Van Reg en Rede maak ook weer hul verskyning op No 40.

Open in Spotify

Sien die volledige trefferlys hieronder:

Leave a Reply

error: Content is protected !!