Impulsief

Hierdie week op die Kraakvars Top 40.

Barto Swiegers se Impulsief spandeer sy 5de nieopeenvolgende week op No 1. Dit beteken dat Barto se tweede enkelsnit amptelik meer weke as sy eerste enkelsnit (H2Oë) op No 1 gespandeer het. Impulsief het tot op hede meer as 480 000 kyke op YouTube ontvang vanaf die liedjie in laat November 2022 vrygestel was.

Dodo Nyoka se Foto’s behou sy No 2 posisie vir tweede opeenvolgende week. Die liedjie het ook al 3 weke op No 1 gepronk. Foto’s is ook al vir 11 weke in die Top 3, en het nog nie een keer dit verlaat nie.

H2Oë van Barto is op No 3. Die snit is al 20 weke op die trefferlys waarvan 17 in die Top 5 is.

Nora Vlok van Die Heuwels Fantasties & Appel spandeer hul 2de week op No 4, dit is ook die hoogste posisie wat die liedjie al bereik het. Net Een Keer van Samantha Leonard behou haar No 5 posisie van verlede week. Ditjies & Datjies van FATMAN & Lianie May klip een posisie op na No 6.

Bosveld Vakansie van Prop is op No 7, die liedjie het al twee aparte lopies op die Kraakvars gehad, die eerste een was in September toe Prop se debuut album vrygestel was, en die tweede het begin met die amptelike musiekvideo vrystelling in November 2022.

As Die Plaas Byt van Marissa is op No 8. Dans met Gevaar van Juan Boucher wat 2023 op No 1 begin het is hierdie week op No 9.  Die Top 10 word voltooi deur Jagvat van Jan Rhaap, hierdie liedjie is al 12 weke op die trefferlys.

Hierdie week is daar geen nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40 nie, maar wel een liedjie wat terug keer:

  • Kom Loop van Jan Rhaap op No 39

Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:

Kraakvars Top 40 - 13 Januarie 2023

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Impulsief Barto 7 1 1
2 Foto's Dodo Nyoka 11 1 2
3 H2Oë Barto 20 1 3
4 Nora Vlok Die Heuwels Fantasties & Appel 3 4 4
5 Net Een Keer Samantha Leonard 12 1 5
6 Ditjies & Datjies FATMAN & Lianie May 7 3 7
7 Bosveld Vakansie Prop 12 4 9
8 As Die Plaas Byt Marissa 12 8 11
9 Dans met Gevaar Juan Boucher 3 1 6
10 Jagvat Jan Rhaap 12 2 10
11 Ek sê so Irene-Louise van Wyk 3 8 8
12 Witblits Eloff 25 2 12
13 Katools Kevboii 12 7 14
14 Ek Wens Ray Dylan 11 3 16
15 Plaaslewe Anlia Star 13 1 15
16 Wat Maak Hy Daar Kris Ray 6 4 13
17 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 17 2 18
18 Sonder Liefde Andriette 7 6 22
19 Jy is My Huis Dodo Nyoka 10 7 17
20 My Nannas Wikus Botma 13 4 19
21 Hey Sonneblom Droomsindroom 37 1 20
22 Drink Frikkie Braadbroodjie 5 22 23
23 As Jy Praat Dodo Nyoka 10 5 21
24 Afrika Son Droomsindroom 16 1 26
25 10 Uit 10 Rooksein 9 3 25
26 Kwaaitjie Prop 24 1 24
27 Wie's Jou Kat? Danny Smoke 11 19 30
28 Liefde Sonder 'n Maar Nadine 7 4 29
29 Kopskud Revolusie Droomsindroom (feat Spoegwolf) 17 4 33
30 Sandkasteel Nicholis Louw 7 18 32
31 Dankie Herman Kleinhans 83 1 27
32 Gereed Om Weer Seer Te Kry Samantha Leonard 9 14 40
33 Mooiste Meisies Angie Oeh 10 10 31
34 Hobo-Hallelujah Rudi Claase 18 4 39
35 Hartseer Freaks Francois van Coke & Hunter Kennedy 7 8 34
36 Vuur en Vlam Van West 5 25 37
37 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 25 10 28
38 Altyd Op My Vibe Angie Oeh 9 16 35
39 Kom Loop Jan Rhaap 84 5 R
40 Bella Droomsindroom 15 6 38

Leave a Reply

error: Content is protected !!