Impulsief

Hierdie week op die Kraakvars Top 40.

Barto Swiegers se tweede enkelsnit, Impulsief maak sy debuut op No 1 op die Kraakvars Top 40. Impulsief volg in die voetspore van Barto se eerste enkelsnit H2Oë wat hierdie week op No 3 is, maar het in totaal vier weke op No 1 gespandeer.

Foto’s van Dodo Nyoka is op No 2, die liedjie was verlede week op No 1 vir die tweede nieopeenvolgende week.

Nadine se nuwe enkelsnit, Liede Sonder ‘n Maar maak haar debuut op No 4. Dit is ook Nadine se eerste enkelsnit wat op die Reputasie trefferlys verskyn.

Samantha Leonard se Net Een Keer is op No 5, dit is ook die liedjie se sesde week op die trefferlys.  Andriette se nuwe liedjie, Sonder Liefde maak sy debuut op No 6. Prop se Bosveld Vakansie is op No 7.

Jagvat van Jan Rhaap is op No 8. Rooksein se 10 Uit 10 is vir die derde week in die Top 10 op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Kobus Matthews se Jy Is Alles wat ook sy debuut week is.

Ander nuwe liedjies op die trefferlys:

  • Ditjies & Datjies van FATMAN & Lianie May op No 14
  • As Ek Jou Hoor Lag van Jan Bloukaas op No 16
  • Sandkasteel van Nicholis Louw op No 18
  • Hartseer Freaks van Francois van Coke & Hunter Kennedy op No 24
  • Mooiste Meisies van Angie Oeh op No 25
  • Drink van Frikkie Braadbroodjie op No 27
  • Jou Spoke van Sone op No 39

Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.

Sien die volledige trefferlys hier:

Kraakvars Top 40 - 2 Desember 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Impulsief Barto 1 2 N
2 Foto's Dodo Nyoka 5 1 1
3 H2Oë Barto 15 1 3
4 Liefde Sonder 'n Maar Nadine 1 4 N
5 Net Een Keer Samantha Leonard 6 1 2
6 Sonder Liefde Andriette 1 6 N
7 Bosveld Vakansie Prop 7 4 6
8 Jagvat Jan Rhaap 6 2 5
9 10 Uit 10 Rooksein 3 3 4
10 Jy Is Alles Kobus Matthews 1 10 N
11 Witblits Eloff 19 2 10
12 Plaaslewe Anlia Star 7 1 8
13 Jy is My Huis Dodo Nyoka 4 7 7
14 Ditjies & Datjies FATMAN & Lianie May 1 14 N
15 As Jy Praat Dodo Nyoka 4 5 9
16 As Ek Jou Hoor Lag Jan Bloukaas 1 16 N
17 Ek Wens Ray Dylan 5 3 14
18 Sandkasteel Nicholis Louw 1 18 N
19 As Die Plaas Byt Marissa 6 8 11
20 My Nannas Wikus Botma 7 4 13
21 Katools Kevboii 6 9 15
22 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 11 2 16
23 Jakkalsdans Rita Li 2 12 12
24 Hartseer Freaks Francois van Coke & Hunter Kennedy 1 24 N
25 Mooiste Meisies Angie Oeh 1 25 N
26 Hey Sonneblom Droomsindroom 31 1 17
27 Drink Frikkie Braadbroodjie 1 27 N
28 Kopskud Revolusie Droomsindroom (feat Spoegwolf) 11 4 18
29 Kwaaitjie Prop 18 1 22
30 Gereed Om Weer Seer Te Kry Samantha Leonard 4 14 20
31 Wie's Jou Kat? Danny Smoke 5 19 19
32 Visserman Dodo Nyoka 4 10 24
33 Soos 'n Wentelbaan Dodo Nyoka 4 13 21
34 Bietjie Dronk Marissa 20 4 26
35 Bella Droomsindroom 11 6 23
36 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 19 10 29
37 Om Jou Te Vergeet Samantha Leonard 4 11 25
38 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 19 5 28
39 Jou Spoke Sone 1 39 N
40 Need You More Jacques & Liezel 3 1 27

Leave a Reply

error: Content is protected !!