Angie Oeh - Mooiste Meisies

Toe Angie oeh die Suid-Afrikaanse musiektoneel betreë was nie almal gereed vir haar nie. Sy word geboelie omdat sy braaf genoeg is om haarself te wees en gelykheid te eis deur middel van haar musiek.

Einde 2021 het haar eerste enkelsnit, Dis Jou Wyfie soos ‘n veldbrand op TikTok versprei en die regte aandag getrek. En in minder as ‘n jaar het sy reeds in ‘n Jägermeister TV advertensie verskyn, is haar musiek gebruik in die Netflix reeks, Ludik, het sy twee kortalbums uitgereik, twee musiekvideos vrygestel, enkelsnitte saam met Jack Parow en Loufi opgeneem en by grootskaalse konserte begin optree.

Angie oeh by Liefde by die Dam. Augustus 2022. Wayde Flowerday

Angie se tweede kortalbum, Mooiste Meisies, is nou uit. Sy maak die tipe musiek wat sy geniet om te luister, maar met hierdie kortalbum hoor ons meer diepte, meer weerloosheid en meer van haarself… maar ook snitte wat die partytjie sal laat vlam vat!

“Ek hoop ek maak al die regte mense kwaad met die EP. En ek hoop al die regte mense vibe!” Sê Angie oeh.

Hier onder is die snitlys van die nuwe kortalbum en die beskrywings soos net Angie Oeh dit kan beskryf:

  1. M.O.: 1 September 2022

“M.O. is vir my ‘n dope song en ‘n nice entryway in my nuwe EP in Mooiste Meisies.

Alhoewel ek sing oor titties en booty’s, sing ek ook oor my feelings. Die line ‘al wat die mense soek is ‘n f*kken show nou’ beteken vir my baie want mense vergeet partykeer dat daar ‘n mens agter die persona is. Ek hoop almal vibe met die beat, flow en lyrics so baie soos wat ek doen.”

  1. Sys ‘n hoe: 15 September 2022

“Sys ‘n Hoe is ‘n lit song vir my live sets. Die gevoel wat ek kry wanneer die beat drop is amazing en ek hoop dat almal dieselfde voel. Die song is kontroversieël. Seks, dwelms en ‘n harde bassline.”

  1. Omdat Ek Wil: 29 September

 “Omdat Ek Wil is ‘n sadder song. Low-key showcase ek my feelings en praat meer oor myself. Ons kan onmoontlik nie altyd okay wees nie. Maar dis okay.”

  1. Spicy: 13 Oktober

“Spicyis ‘n love song dedicated aan die mooiste, slimste en sweetste vrou wat bestaan. Dis my gunsteling song op die EP. Nie net om rede dit oor my cherry gaan nie, maar ook omdat die beat, lyrics en flow so goed saam werk. Funky ass song wat ek hoop almal geniet.”

  1. Mooiste meisies: 27 Oktober

“Net soos my vorige song Sex in Afrikaans is Mooiste Meisies geskryf om mense te provoke en om aandag te trek in the ways we need to. Demand equality. Al moet ek dit met ‘n song doen.”

Mooiste Meisies is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!