Die splinternuwe Afrikaanse sensasie Worsie van Wyk het luisteraars heeltemal onkant gevang met sy onverwagse klank.

Hierdie Laevelder kon maklik misgis word as ‘n tipiese my-boere-hart-verlang-na-die-bosveld-kunstenaar, maar Worsie het die idee van ‘n stereotipiese Afrikaanse sanger oorrompel. Hierdie is níé die alledaagse brandewyn-techno-boere-stamp-musiek nie.

Worsie van Wyk, ten spyte van hoe die naam klink, is ‘n Afrikaanse metal-sanger, met ‘n in-jou-gesig-tref-klank wat vir Dave Mustaine van Megadeth sou laat les opsê. En tog, tussen die skreeuende stem en verwronge kitaar, is lirieke wat heilsaam genoeg is om selfs op RSG gespeel te word.

Kraal van Sweet is die eerste enkelsnit van sy komende kortspeelalbum, Oros en Horrogs.

“Dit is ‘n liedjie oor ‘n mosh pit, wat gewoonlik plaasvind wanneer ek op die verhoog is. Dit is ook ‘n testament van my algehele klank en vibe”, sê Worsie.

Hy beskryf die snit as “energiek, hard en in jou gesig”, en dit is inderdaad plofstof, van begin tot einde. Worsie het die snit self geskryf, verwerk, gespeel en opgeneem. Daarna was dit gestuur vir ateljee finalisering in Johannesburg.

Kraal van Sweet is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Volg vir Worsie van Wyk:

Facebook: https://www.facebook.com/WorsieMusiek
Instagram: https://www.instagram.com/worsiemusiek/

Leave a Reply

error: Content is protected !!