Hierdie week op die Reputasie Top 40:

Sonop-Blom van Bernice West is weer terug op No 1 na dit verlede week die posisie afgestaan het vir Ons Sal Self. Op No 2 is Spontaan van Riaan Benadé wat dieselfde posisie twee weke gelede bereik het. Ons Sal Self van Verskeie kunstenaars sak terug na No 3.

Die trefferlys is redelik stil die week met sleg een nuwe snit en baie min skuiwe.

Statistieke van die Reputasie Top 40:

  • Die trefferlys het sy debuut gemaak op 15 Mei 2020, en is in sy 24ste week.
  • Daar was al ‘n totaal van 94 snitte op die trefferlys.
  • Daar het al 59 kunstenaars verskyn op die trefferlys.
  • Vyftien van die snitte het al 24 weke op die trefferlys gespandeer.
  • Daar was nog net twee No 1 treffers, Sonop-Blom van Bernice West (23 weke) en Ons Sal Self van Verskeie Kunstenaars (1 week)
  • Snitte wat die langste in die Top 10 is:
    • 24 weke:
      • Sonop-Blom – Bernice West
      • Vuur Op Die Water – Elandré
      • Nonna – Appel
    • 21 weke:
      • Boerseun – Jan Bloukaas
    • 19 weke:
      • Die Hart – Bernice West
    • 18 weke:
      • Boerepompie – Ricus Nel & Snotkop
    • 16 weke:
      • Dames – Biggy
      • Doef Doef – Synth Peter (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat)
  • Kunstenaars met die meeste verskynings op die Reputasie Top 40
    • 10 keer:
      • Bernice West
    • 9 keer:
      • Appel
      • Karen Zoid
    • 7 keer
      • Elandré
      • Riaan Benadé
    • 5 keer
      • Bok van Blerk
      • Christia Visser
      • Refentse
    • 4 keer
      • Brendan Peyper
      • Demi Lee Moore
      • Early B

Sien die volledige trefferlys hier:

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!