Vincent Gordyn - Die Onbekende

Sanger Vincent Gordon het bekendheid verwerf met sy pop treffers soos Stap Soos Karlien en Dis Die Liefde Wat Tel maar met sy nuutse enkelsnit betree hy Die Onbekende.

Gordon wat al op die ouderdom van nege begin sing het nog altyd musiek op gevoel geskryf. Sy musiek handel gewoonlik oor waar hy homself in die lewe bevind en soos baie ander het die laaste paar jaar se onsekerheid sy tol geeis. Die gevoel het in sy musiek begin manifesteer en die gevolg was sy nuwe lied, Die Onbekende.

‘’Die lied het ‘n meer ‘n ernstige boodskap,’’ het Gordon vertel. ‘’ ‘n Mens weet nie altyd wat voorlê op die pad nie. Die inspirasie agter die lied het gekom van waar ek myself bevind het. Waar ek nie geweet het waar my toekoms heen gaan nie. Gaan ek nog musiek kan doen? Gaan daar nog ‘n pademie wees waar ek nie vertonings kan doen nie? Hoe gaan ek my kinders voer? Waarheen beweeg ek? Ek besluit om my storie deur musiek te deel.

Die Onbekende voel verwyderd van die opgewekte pop klank waarvoor Vincent Gordon bekend geword het, maar tog was dit die lied wat hy gevoel het hy moes deel. ‘’Ek wou my storie vertel. Hoe moeilik dinge soms kan wees, en hoe angstig iemand kan voel wanneer dit voel asof daar nie lig aan die ander kant is nie.’’

Die lirieke vang ‘n gevoel vas wat baie van ons al ervaar het. Waar ons verlang na die liefde en vryheid van ‘n kind wees. Jy kon net speel en daar was geen bekommernis oor hoe jy kos op die tafel sou sit nie.

Gordon het self die lied vervaardig en het die geleentheid gebruik om ‘n nuwe klank vir homself te ontwikkel. ‘’Ek wou ‘n meer ernstige boodskap oordra met die klank en woorde wat ek gebruik het. Die genre is baie anders as die pop en dans musiek wat ek gwoonlik doen en ek sien baie uit daarna om te hoor hoe die publiek sal reageer op die nuwe styl,’’ het hy gedeel.

Die lied het vir Gordon ‘n baie spesiale betekenis. ‘’Dis iets waardeur ek onlangs gegaan het. Ek moet nogsteeds baklei vir my plek om te kan sing en om te kan doen waarvoor ek lief is. God het my deur alles gehelp en my geseën toe ek gedink het dis verby,’’ vertel hy.

Gordon hoop dat ander mense ook sal aanklank vind met die boodskap in Die Onbekende. Die pademie het baie van ons in n plek geplaas waar ons voel ons weet nie waarheen volgende nie,’’ het hy afgesluit.

Verder is hy al reeds besig met ‘n volgende musiekvideo en het hy homself belowe dat hy die jaar meer aandag gaan gee om musiek te maak en sy stories in liedjies te sit vir sy aanhangers. Gordon is ook al besig met sy opvolgende enkelsnit getiteld, Ek Wou Ons Nie Verniel en oorweeg dit Sterk om ‘n nuwe album op te neem.

Die Onbekende is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!