Die woord “Serendipity” beteken om iets goeds te vind sonder om daarna te soek. Alhoewel dit nie onverwagse geluk was wat gelei het tot die vrystelling van RudiTheOUTsider se debuut-enkelsnit nie, is sy talent heel toevallig ontdek.

Serendipity gaan oor onverwagte en onverwagse liefde – oor die noodlot wat sielsgenote bymekaar uitbring, ten spyte van die uitdagings op hulle pad.

Volgens Rudi, is die liedjie deur die vrou in sy lewe – Lezaan – geïnspireer is met wie hy onlangs amptelik getroud is.

“Hierdie liedjie gaan oor my volslae ongeloof oor hoe goed my lewe uitgedraai het,” sê die musikante, wat al hewige struikelblokke in sy lewe oorkom het. “Ek kan steeds nie glo hoe gelukkig ek is om, na alles wat ek gedoen en wat met my gebeur het, hierdie wonderlike persoon te vind om die res van my lewe mee te deel nie.”

Rudi glo dat die liedjie, wat geskryf is om die paartjie se tien jaar herdenking te vier, sal aanklank vind by luisteraars omdat dit ’n positiewe, goedvoel-snit is. “Ek hoop dat die liedjie mense sal motiveer,” sê hy. “Dit is nie ’n een-dimensionele liefdesliedjie oor gelukkige eindes nie. Dit gaan ook oor die onsekerheid en twyfel wat ’n mens ervaar wanneer jy verlief is, wat ek dink luisteraars mee sal identifiseer.”  

Alhoewel Rudi al baie oorspronklike liedjies geskryf en gesing het – hy het die afgelope tien jaar op straat gesing – het hy eers baie onlangs die geleentheid gekry om van sy liedjies professioneel te laat opneem. Hy glo dat ’n droom iemand se lewe kan verander, omdat dit hulle na ’n beter toekoms kan lei. Sy eie lewe getuig hiervan.

Die sanger en liedjieskrywer is in Waterval-Boven gebore en na onstuimige kinderjare het hy homself op veertienjarige ouderdom op straat bevind. Omdat hy vir homself moes sorg, het hy klein misdade begin pleeg om te oorleef. Lewe op die straat het ook veroorsaak dat hy met dwelms deurmekaar raak en hy het, op die ouderdom van vier-en-dertig, vir ses maande in ’n rehabilitasiesentrum beland. Kort daarna het hy en Lezaan ontmoet en hulle fokus daagliks op hulle emosionele en geestelike welstand.

Rudi se unieke verhoognaam – RudiTheOUTsider – is geïnspireer deur sy verlede en die feit dat hy nog altyd soos ’n buitestaander gevoel het. Maar hy is nie bitter oor sy verlede nie, inteendeel. Sy leuse is nie verniet Amor Fati nie, wat beteken om jou ‘lot lief te hê’ of om te aanvaar dat alles vir ’n doel gebeur en dat selfs pyn en lyding nodig is.

Die sanger, wat tans in Pretoria woon saam met sy vrou en twee kinders, glo dat dit sy deursettingsvermoë in was wat vir hom deure oopgemaak het. Ten spyte van sy probleme, het hy homself en sy vermoëns ontdek en is hy meer vasberade as ooit om sy doelwitte te bereik.

“Die uitdagings wat eens op ’n tyd vir my onoorkombaar was, is dit nie meer nie. Trouens, hulle het die weg gebaan vir ’n beter toekoms,” sê die kunstenaar. “Ek wil my musiek gebruik om my uitdagings en hoe ek dit oorkom het met luisteraars te deel, sodat hulle besef dat dit moontlik is. Ek wil hê my musiek moet mense ophef en inspireer, sodat hulle drome ook eendag waar kan word.”

Buiten vir die vrystelling van sy debuut-enkelsnit, beplan Rudi om soveel as moontlik op te tree en om moontlik aan die einde van die jaar te gaan toer. Hy wil ook graag nog ’n paar liedjies uitreik en verklap dat sy eerste album ook reeds in die pyplyn is.

Met ’n liedjie soos Serendipity, gaan hy beslis baie bewonderaars inpalm op sy pad na sukses.

Serendipity is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!