Afrikaanse sanger Rohan Davis is terug met sy tweede enkelsnit wat belowe om hierdie jaar vir al die mense wat anti-valentynsdag is, ‘n anthem te gee. Ek Sien Myself handel oor hartbreek en ‘n mislukte verhouding. Davis sing oor ‘n verhouding wat eensydig is, waar die een alles gee en die ander hanteer hom soos ‘n “beste vriend”.

Ek Sien Myself is ‘n R&B Pop liedjie en die lirieke is ‘n aanduiding van ‘n no-nonsense benadering tot liedjieskryf – soos die meeste goeie R&B popliedjies vang Davis die dinamika van ‘n hartbreek vas op die regte wyse.

“Dit gaan oor hartbreek. Jy is in die verhouding en word baie sleg hanteer. Op ‘n stadium kom mens op n breekpunt waar jy jouself losstrengel van die toksiese verhouding af. Die persoon sê jou so sleg dat jy begin twyfel in jouself en nie waardig voel nie. Dan wanneer jy wegbreek kontak jy die persoon gereeld want jy is te gemaklik gewees en die idee om saam die persoon te wees kan jy nie laatgaan nie. Maar dan sê jy vir jouself dit is nou klaar en wanneer jy daai besluit maak besef jy eintlik jy is baie meer werd as wat die persoon jou laat glo het. Jou lewe sonder die persoon is baie beter en daarom is die liedjie se naam Ek Sien Myself.” Vertel Davis.

“Ek word hanteer nes jou beste vriend; Ek kan nie so aangaan nie; En jy draai jou rug op my en verwag; Dat ek nog hier moet bly” Met dié lirieke vang Davis vas presies wat fout is met die verhouding waaroor hy skryf en sing.

Davis, wat grootgeword het in Pretoria, vertel dat sy grootste rolmodel is Elizma Theron. “Sy is die rede dat ek musiek love. Sy in 2009 vir my gesê hou net aan en moet nooit ophou nie, eendag sal jy die vrugte pluk. As ek musiek record dan dink ek elke keer wat sou Elizma anders doen.”

Sy liefde vir musiek kom al van kleins af, maar hy bieg dat hy nog altyd skaam was om iets daaraan te doen. Hy het altyd net lirieke geskryf, maar toe hy sy eerste opname gemaak het, het die gogga hom gebyt en nou kan hy nie ophou om musiek te maak nie.

Lirieke is die ding waarop Davis die meeste fokus want hy sien dit as die hoof element van hoe almal met liedjies kan vereenseldig. “Almal kan relate aan dié musiek. Die woorde is wat ek eintlik op fokus want in Afrikaans is daar nie regtig break-up songs nie. En ek skryf net break-up songs want elke een het ‘n storie agter dit.”

Davis het in 2021 sy eerste enkelsnit Op My Dashboard vrygestel wat groot sukses behaal het, die liedjie wat meer gefokus was op country pop, is nog net so erge ‘n Rohan Davis liedjie soos Ek Sien Myself.

Terwyl Ek Sien Myself meer ‘n R&B Pop liedjie is, sien Davis homself meer as ‘n all-genre kunstenaar. “In die begin wou ek net Pop Country doen maar nadat ek gesit en dink het, gaan ek meer fokus op alle genres”.

Davis het wel ‘n voltydse werk, maar dit keer hom nie om sy drome na te jaag en sy passie vir musiek uit te leef nie. Hy moet nog ‘n lewendige vertoning doen, maar alles in goeie tyd. Davis beklemtoon dat dit wat hy in die Afrikaanse musiek industrie wil doen, doen hy alreeds, hy wil hê Afrikaans moet vir almal wees en musiek genres maak wat almal na kan luister.

Vir die res van die 2022, wat is Davis se planne? Hy werk teminste aan nog twee liedjies, een saam met Sean Butler wat baie potensiaal het as ook ‘n duet saam ‘n geheime kunstenaar.

Ek Sien Myself is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media:

Instagram – @rohan_davis – https://www.instagram.com/rohan_davis/

Facebook – @rohandavismusiek – https://www.facebook.com/rohandavismusiek

Tiktok – @rohandavis1 – https://www.tiktok.com/@rohandavis1

Leave a Reply

error: Content is protected !!