Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys –71 Augustus 2020

Bernice West is definitief koningin die week van die Reputasie Top 40. Sonop-blom is vir die 13de week No 1, en met haar debuut album Net Geleen wat 31 Julie uitgekom het, verskyn sewe nuwe snitte van haar album in die Top 40. Dit is ‘n nuwe rekord.

Die Hart van West skuif op na No 2, en Nonna van Appel skuif af na No 3. Vuur Op Die Water van Elandré skuif ook af na No 4. Verlede week se top debuut Boude van Loufi behou sy posisie op No 5. Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter skuif een posisie op na No 6. Boerseun van Jan Bloukaas is op No 7, Wit Skoene (feat. Jayms) van Loufi behou sy posisie op No 8. Op No 9 debuut Bernice West met Kom Binne, en op No 10 is Dames van Biggy.

Met Bernice West se groot debuut, maak die volgende snitte hul verskyning op die Reputasie Top 40, Net Geleen op No 16, Ingeperk op No 25, Beset op No 33, O Kind (Akoestiese Weergawe) op No 36, Klop op No 37 en Sinkertjie op No 38.

Vasdanslyf van Brendan Peyper skiet ook op die Top 40 op vanaf No 190 tot No 34 met die snit se musiek video wat die 31 Julie uitgekom het, het bygedra tot die snit se beweging op die trefferlys.

Die week het ‘n hele paar snitte wat die Reputasie Top 40 verlaat het, dit sluit in:

Ek Sweer van Twee, Cool Soos Koos Kombuis van Snotkop, Dirty 30’s van Dirk Van Der Westhuizen,  Siekverlief van Jay & Lianie May, Kom En Lê My Neer van Appel, Tameletjie van Appel, Jou Lippe van Danny Smoke en Mis Eet Slaap Herhaal van Demi Lee Moore.

Volgende week verwag ons die volgende:

  • Christia Visser se debuut album se vrystelling op die 7 Augustus behoort al die snitte op die album ‘n hupstoot te kry op die Reputasie Top 40.

Leave a Reply

error: Content is protected !!