Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 24 Julie 2020

Sonop-blom van Bernice West is vir die 12de week No 1 op die Reputasie Top 40. Omdat die trefferlys sy debuut gemaak het op 15 Mei 2020, wag ons nog om ‘n nuwe No 1 te kry, maar Bernice West stel definitief rekords hoog.

Die res van die Top 4 behou hul posisies met Nonna van Appel op No 2, Vuur Op Die Water van Elandre op No 3 en Die Hart van Bernice West op No 4. Boude van Loufi maak die sy debuut op No 5, dit is ook hierdie kunstenaar se hoogste posisie nog, met Wit Skoene (feat Jayms) wat hierdie week ook sy hoogste piek bereik op No 8. Boude het binne 8 dae meer as 100 000 kyke op YouTube gekry en dit wil voorkom of hierdie snit nog baie sukses gaan bereik.

Verder behou Boerseun van Jan Bloukaas sy posisie op No 6. Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter skuif twee posisies af na No 7, nadat die snit verlede week sy hoogste posisie nog bereik het op No 5. Dames van Biggy skuif twee posisies af na No 9 and Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop skuif ook af na No 10.

Verder op die Reputasie Top 40, skuif Dirty 30’s van Dirk van der Westhuizen op vanaf sy debuut op No 39 na No 32, die musiekvideo het ook sy debuut gemaak die week en het in 8 dae meer as 65 000 kyke gekry.

Volgende week verwag ons die volgende:

  • Met Bernice West se debuut album Net Geleen wat die 31 Julie uitgekom het verwag ons dat daar ‘n hele paar van die snitte hul debuut sal maak op die Reputasie Top 40.
  • Met Vasdanslyf van Brendan Peyper verwag ons dat die snit ook ‘n verskyning sal maak.

Snitte wat die Reputasie Top 40 verlaat het die week sluit in:

Die Sluise Van Die Hemel van Bok van Blerk en Robbie Wessels vanaf No 27, Ons Word Een van Juan Boucher vanaf No 34, Lekkerder op my Trekker van Brendan Peyper vanaf No 32.

Leave a Reply

error: Content is protected !!