Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 24 Julie 2020

Bernice West is vir die 11de week No 1 met Sonop-Blom en die hele Top 4 behou hul posisies, Nonna van Appel op No 2, Vuur Op Die Water op No 3 en Die Hart van Bernice West op No 4. Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter skuif een posisie op na No 5 en bereik sy hoogste piek nog. Jan Bloukaas skuif een posisie af met Boerseun na No 6 en Dames van Biggy skuif op na No 7. Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop skuif af na No 7 en Loufi bly op No 9 met Wit Skoene (feat Jayms). Boet en Saartjie van Biggy skuif op terug in die Top 10 na No 10.

Met drie nuwe snitte in die Reputasie Top 40 is hierdie week die week met die meeste debute wat daar nog was. Die eerste debuut is O Kind (Akoestiese Weergawe) van Bernice West wat op No 24 begin. Monumentaal van Ruhan Du Toit is sy eerste solo snit op die Reputasie Top 40 wat sy debuut maak op No 25. En die laaste snit wat debuut op die Top 40 is Dirty 30’s van Dirk van der Westhuizen wat op No 39 te sien is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!