Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 17 Julie 2020

Vir die 10de week is Sonop-Blom van Bernice West No 1. Die vraag op almal se lippe is gaan iemand dit reg kry om West te onttroon in die volgende paar weke, daar is ‘n paar kunstenaars wat heel moontlik ‘n paar treffers het wat dit kan doen. Nonna van Appel bly vir die twee week op No 2 en Vuur Op Die Water van Elandré skuif een posisie op na No 3. Die Hart van Bernice West sak een posisie terug na No 4 en Boerseun van Jan Bloukaas behou sy posisie op No 5.

Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter maak die grootste sprong die week op die Reputasie Top 40. Die snit klim van No 13 na No 6 en verbeter sy vorige piek van No 9 in die week van 26 Junie 2020. Boerepompie van Ricus Nel & Snotkop sak een posisie terug na No 7, Dames van Biggy sak na No 7. Witskoene (feat. Jayms) van Loufi bereik ‘n nuwe piek na dit een posisie opgeskuif het na No 9. Die Top 10 word afgesluit deur Tussen die Lakens van Elandré wat een posisie opskuif na No 10.

Boet en Saartije van Biggy verlaat die Top 10 en val na No 11 en 17 Shots van Christia Visser val van No 8 na No 15. Karen Zoid en Danie Du Toit is die enkel nuwe snit wat verskyn op die Top 40 op No 29.

Snitte wat die Reputasie Top 40 verlaat het die week sluit in:

Siekverlief van Jay & Lianie May verlaat die Top 40 vanaf No 26, Vier Seisoene Kind (feat. Francois van Coke) van Tasché skuif uit vanaf No 30 en Mis Eet Slaap Herhaal sak uit vanaf No 38.

Volgende week verwag ons die volgende:

  • Dirk van der Westhuizen behoort die Top 40 te bereik met sy nuwe enkelsnit Dirty 30’s.
  • Monumentaal van Ruhan Du Toit behoort ook ‘n draai in die Top 40 te maak.
  • Daar is verwagtinge dat Christia Visser se nuwe snit Wildste Oomblik ook op die Top 40 ‘n draai sal maak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!