Die week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 19 Junie 2020

Bernice West domineer die Reputasie Top 40 die week met twee snitte wat die top twee posisies beklee, Sonop-Blom is vir die 6de week nommer een en Bernice se nuwe enkelsnit, Die Hart maak sy debuut op No 2 en met 110 000 kyke op YouTube in een week, is hierdie enkelsnit definitief nog ‘n treffer.

Verlede week se hele top tien skuif een posisie af om plek te maak vir Die Hart. Vuur op die Water van Elandré is op No 3 en Nonna van Appel op No 4. Boerseun van Jan Bloukaas is op No 5. Dames van Biggy skuif van No 5 na No 6, Boerepompie van Ricus Nel & Snotkop skuif van No 6 na No 7, Tussen die Lakens van Elandré skuif van No 7 na No 8. 17 Shots van Christia Visser skuif van No 8 na No 9. Die tweede nuweling in die Top 10 is Witskoene van Loufi (feat. Jayms),nadat die snit vir die afgelope 6 weke op die Reputasie Top 40 Trefferlys geklim het, bereik dit die week die top tien nadat die snit een posisie opskuif van No 11 na No 10. Kan dit nog hoër klim? Ons sal moet wag vir volgende week.

Verder op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys:

Die Land van Bok van Blerk, Steve Hofmeyr , Bobby van Jaarsveld, Ruhan Du Toit & Jay, bereik ‘n nuwe piek (vorige piek No 14)  nadat dit van No 17 tot No 13 skuif. Doef Doef van Synth Peter ( feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) maak sy debuut op No 24, en daar word verwag dat dit volgende week ‘n hoër posisie sal beklee met die musiek video wat Vrydag (19 Junie) uitgekom het.  Kom en Lê My Neer van Appel skuif van No 39 na No 33 en Skepe van Jo Black maak ‘n groot sprong van No 139 tot No 39. Fatman besoek die Top 40 op No 40 weer na hy 3 weke gelede terug gesak het uit die Top 40 met SOS.

Snitte wat die Top 40 verlaat het die week sluit in:

Wys Jou Vleis van Jan Jan Jan skuif af van No 34 na No 42. Stellenbosch van Jan Bloukaas skuif van No 35 na No 42, Somerson van Appel skuif uit vanaf No 38 na No 47.

Sien die volledige Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!