Die Suid-Afrikaanse musiekmark is al deur talle kunstenaars beskryf as onmoontlik om ‘n deurbraak te maak, en verg baie toewyding en ‘n diep sak. Die musiekmark se ontoeganklikheid word nie net deur menslike faktore gedryf nie maar grootliks deur die finansiële gesondheid van die mark en al die dinamiese faktore wat daarmee gepaard gaan. Hierdie artikel fokus finansiële kant van die Suid-Afrikaanse musiekmark.

Die musiekmark finansieel is in ‘n krisis, die inkomste van die plaaslike kunstenaars in die industrie het van 2016 tot 2019 gekrimp met 27%. Soos gewys in die grafiek, inkomste het van R124,3 miljoen in 2016, na R98,0 miljoen geval in 2017 en in 2018 verder gedaal tot R89,7 miljoen, daar was ‘n 1.3% styging in inkomste tot R90.9 miljoen in 2019. Hierdie opwaartse groei in inkomste is nie ‘n teken dat die wa deur die drif is nie.

Bron: RISA, 2020
Figure 1: Inkomste van musiek verkope vanaf 2016 – 2019

Die groei van inkomste in 2019 kan toegeken word die groei van stroomdienste in Suid-Afrika, soos gewys in die figuur hieronder. stroomdienste het slegs R8.6 miljoen bygedra tot inkomste in 2016, in 2019 het dit tot R62.7 miljoen gestyg. Stroomdienste het die industrie gered, maar stroomdienste bevoordeel die groot kunstenaars ten koste van die klein kunstenaars.

Figure 2: Die groei van stroom dienste in Suid-Afrika vanaf 2016 – 2019

As daar gekyk word na die platemaatskappy wat ‘n rol speel in die plaaslike musiekmark, is Universal Music die grootste (41.4%), gevolg deur Sony Music, (35.0%) en Gallo Record Company (11.50%). In die tabel word aangedui dat Universal, Sony en Gallo distribusie doen, Coleske Artist en Inhoud Huis val onder die Universal Music – Distribution en Select Musiek val onder Sony Music – Distribution. So die afleidings wat gemaak kan word is dat Coleske Artist en Inhoud Huis se markaandeel 2.3% of kleiner is en dieselfde vir Select Musiek 4.4% of kleiner.

Figuur 3: Platemaatskappy markaandeel vir 2019

Die slotsom sal wees dat die musiekmark nog onder baie groot druk is en dat dit nog ‘n hele ruk gaan vat voor die Suid-Afrikaanse musiekmark gaan herstel. En vir al die kunstenaars daar buite? Die beste sal wees om vas te byt en seker te maak dat daar ‘n tweede inkomste geleentheid vir jou as kunstenaar is.

Bronne: RISA, 2020

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!