Die week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 12 Junie 2020

Soos verwagte is Sonop-Blom van Bernice West vir die 5de week bo op die Top 40. Die hele Top 4 posisies is stasionêr met Vuur Op Die Water van Elandré wat een posisie opskuif na No 2 en Nonna van Appel wat afskuif na No 3. Boerseun van Jan Bloukaas bly op dieselfde posisie as verlede week op No 4. Die Top 5 word voltooi deur Dames van Biggy wat een posisie op geskuif het vanaf No 6.

Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop is op No 6 nadat dit een posisie afgeskuif het. Tussen Die Lakens van Elandré skuif twee posisies op na No 7 en bereik dieselfde piek as 5 weke gelede. 17 Shots van Christia Visser is op No 8 en Pens en Pootjies van Snotkop is op No 9. No 10 is ‘n nuweling in die Top 10 wat behoort aan Die Lyn van Elandré wat opskuif van No 13, hierdie snit die rede is dat Elandré 3 posisies in die Top 10 beklee.

Verder op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys: Wit Skoene (feat Jayme) van Loufi klim nog elke week die trefferlys en bereik ‘n nuwe piek hierdie week op No 11. Daar is die verwagting dat die snit volgende week in die Top 10 gaan op eindig. Ruil My Vir Jou van Karlien van Jaarsveld sak terug met 3 posisies na No 29. Hierdie snit sak nog elke week vanaf sy piek op No 9 vyf weke gelede. Ek Sweer van Twee bereik ‘n nuwe piek die week op No 20 nadat die snit 11 posisies geklim het vanaf No 31 en verbeter sy vorige piek van No 25.

Snitte wat die Top 40 hierdie week verlaat het: nadat Today van Karen Zoid en Jesse Clegg ‘n nuwe hoogte punt bereik het op No 33 val hierdie snit na No 184 en natuurlik uit die Top 40. Kaal voor Jou van Christia Visser val uit die Top 40 vanaf 38 na 55 nadat dit 4 weke gelede sy debuut gehad het op No 11. Lipstick van Ivan Roux het verlede week gedebuut op No 39, die snit sak terug na No 92. Ander snitte wat die Top 40 verlaat het: Party Tyd van Kurt Darren (28 na 44) en Was van Bok Van Blerk (36 na 58).

Met geen nuwe enkelsnitte wat hul debuut het in die Top 40 maak nie, kyk ons na nuwe snitte wat op 12 Junie vrygestel is wat verwag word om in die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys hul debuut te maak volgende week: Die Hart van Bernice West en Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter.

Sien die volledige Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys hieronder:

Leave a Reply

error: Content is protected !!