Die week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 26 Junie 2020

Vir die sewende week is Bernice West se Sonop-Blom No 1, hierdie snit is verseker een van die grootste snitte van 2020, en met ongeveerd 10 000 kyke elke dag op YouTube is hierdie snit verseker van nog ‘n paar weke op die troon. Vuur op die Water van Elandré skuif twee posisie op na No 2 en Nonna van Appel skuif een posisie op na No 3. Verlede week se No 2, Die Hart van Bernice West skuif af na No 4.

Die volgende drie snitte hou hul posisies, Boerseun van Jan Bloukaas is op No 5, Dames van Biggy is op No 6, en Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop is op No 7.  17 Shots van Christia Visser skuif een posisie op na No 8. Verlede week se No 24 debuut, Doef Doef van Synth Peter (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) maak ‘n groot sprong na No 9, die snit is definitief gehelp deur die musiek video wat 19 Junie uitgekom het. Op No 10 is Elandré met Tussen die Lakens.

Verder op die Reputasie Top 40:

Wit Skoene van Loufi skuif een posisie af na No 11, maar met die musiek video wat die week uitgekom het, sal die snit verwag word om terug in die Top 10 te beweeg. 3 Jaar na Fokofpolisiekar uitgekom het met Komma, maak die snit sy debuut op No 21. Karen Zoid en AB De Villiers maak hul debuut op No 25, met Meisie Wat Haar Potlood Kou. Karen Zoid het met haar duette van Republiek van Zoid Afrika het al 14 snitte wat verskyn het op die Top 200 lys waarvan ses in die Top 40 ‘n draai gemaak het. Cool Soos Koos Kombuis van Snotkop maak ook sy debuut in die Top 40 hierdie week op No 35. Hier Om Te Dans van Synth Peter (feat. Marna)  verskyn vir die tweede keer in die Top 40 op No 39.

Snitte wat die Reputasie Top 40 verlaat het die week sluit in:

Mis Eet Slaap Herhaal van Demi Lee Moore (34 na 41), Lemoene van Appel en Bok van Blerk (30 na 32), Tameletjie van Appel (31 na 43), Kom En Lê My Neer van Appel (33 na 44), Dorp Toe van Fatman  (40 na 47), Deur Druk van Karen Zoid & Early B (35 na 53),

Sien die volledige Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!