Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40:

Skadu’s Van Grys van Waldo Greeff en Carma behou sy No 1 posisie vir die tweede week.  Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat Bjarne) behou ook sy posisie op No 2 vir ‘n tweede week. Legkaart maak sy debuut op No 3 met Wentelbaan.

Dis Okay van Bloumoord en Breek Die Reëls Vir Liefde van Sonet Du Plessis skuif elke af met een posisie onderskeilik na No 4 en No 5. Roep van Matthew John Duncan behou sy posisie op No 6. In hul tweede week op die trefferlys klim Held van Harte met Aksie! van hul debuut posisie van No 12 na No 7.

Nuwe snitte op die Kraakvars Reputasie Top 40, sluit in, Legkaart met Wentelbaan op No 3, Die Beste Deel van Christiaan Baartman op No 16, Teveel van Van Reg en Rede maak hul debuut op No 30.

Noemenswaardige bewegings op die Kraakvars Reputasie Top 40:

  • Boer Genoeg van Eugene bereik sy hoogste posisie nog op No 15 na 4 weke op die trefferlys.
  • Onperfek Nes Ek van Kindersvanniesuburbs bereik ook sy hoogste posisie op No 18, na dit ‘n paar weke terug gedraai het op No 31.

Open in Spotify

Sien die volledige Kraakvars Reputasie Top 40 hieronder:

Leave a Reply

error: Content is protected !!