Hierdie week op die Kraakvars Top 40.
Die Kontrak wenner Samantha Leonard se enkelsnit Net Een Keer klim al die pad na No 1 na ‘n volle week van observasie. Met ‘n totaal van 156 331 kyke, is Net Een Keer die liedjie wat nog die meeste kyke in een week gekry het wat No 1 bereik het op die Kraakvars Top 40.
Dodo Nyoka se eerste amptelike enkelsnit, Foto’s maak sy debuut op No 2, die liedjie het 139 345 kyke die afgelope week op YouTube gekry.
Ray Dylan se nuutste enkelsnit, Ek Wens maak sy debuut op No 3. H2Oë van Barto behou sy posisie op No 4. Jagvat van Jan Rhaap is op No 5, die liedjie het verlede week sy debuut op No 2 gemaak.
Terug In Tyd van Legkaart is op No 6, die liedjie was verlede week op No 1. Plaaslewe van Anlia Star is op No 7, dit is die liedjie se 3de week in die Top 10. As Die Plaas Byt van Marissa klim op na No 8 na die liedjie verlede week op No 10 sy debuut gemaak het.
Witblits van Eloff is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Almal Het Iemand van Jemma Catherine.
Ander nuwe liedjies op die trefferlys:
- Plekkie Onder Die Son van CheraLee op No 30
Ander liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:
- Alles Gee van Jemma Catherine op No 18
- Mooiste Meisies van Angie Oeh op No 19
- Wie’s Jou Kat? van Danny Smoke op No 28
- Namib Woestyn van Gian Groen op No 33
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 4 November 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Net Een Keer | Samantha Leonard | 2 | 1 | 25 |
2 | Foto's | Dodo Nyoka | 1 | 2 | N |
3 | Ek Wens | Ray Dylan | 1 | 3 | N |
4 | H2Oë | Barto | 11 | 1 | 4 |
5 | Jagvat | Jan Rhaap | 2 | 2 | 2 |
6 | Terug In Tyd | Legkaart | 3 | 1 | 1 |
7 | Plaaslewe | Anlia Star | 3 | 1 | 3 |
8 | As Die Plaas Byt | Marissa | 2 | 8 | 10 |
9 | Witblits | Eloff | 15 | 2 | 5 |
10 | Almal Het Iemand | Jemma Catherine | 7 | 2 | R |
11 | Katools | Kevboii | 2 | 9 | 9 |
12 | My Nannas | Wikus Botma | 3 | 4 | 7 |
13 | Was Dit jou Plan? | Alter Ego | 4 | 3 | 8 |
14 | Kwaaitjie | Prop | 14 | 1 | 13 |
15 | Bietjie Dronk | Marissa | 16 | 4 | 14 |
16 | Kaap | Ryno Velvet & Jan Blohm | 1 | 16 | 11 |
17 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 7 | 2 | 16 |
18 | Alles Gee | Jemma Catherine | 27 | 1 | R |
19 | Mooiste Meisies | Angie Oeh | 9 | 3 | R |
20 | Bella | Droomsindroom | 1 | 20 | 17 |
21 | Kopskud Revolusie | Droomsindroom (feat Spoegwolf) | 7 | 6 | 19 |
22 | Koue Pizza | Ilan van Staden | 7 | 4 | 12 |
23 | Amper Daar | Stephan Visagie | 2 | 12 | 6 |
24 | Bokswyn | Caroline Grace | 2 | 6 | 23 |
25 | Skobbejak | Reen (feat. Refentse) | 11 | 6 | 21 |
26 | Tussen Die Lyne | Jan Blohm & Ryno Velvet | 15 | 10 | 22 |
27 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 15 | 5 | 24 |
28 | Wie's Jou Kat? | Danny Smoke | 20 | 2 | R |
29 | Afrika Son | Droomsindroom | 1 | 29 | 27 |
30 | Plekkie Onder Die Song | CheraLee | 9 | 1 | N |
31 | Dankie | Herman Kleinhans | 1 | 31 | 31 |
32 | Sexy Selfie | Bjarne Songs | 80 | 1 | 28 |
33 | Namib Woestyn | Gian Groen | 16 | 2 | R |
34 | Waars Jou Nanas | Meneer Cee, DaLootz, Jay Music, Shay Moc | 1 | 34 | 34 |
35 | My Blom | John Rock Prophet | 12 | 5 | 29 |
36 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 35 | 1 | 32 |
37 | Lieflik | Elandre | 90 | 1 | 33 |
38 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 13 | 3 | 35 |
39 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 55 | 1 | 38 |
40 | Moenie | Sunel | 67 | 2 | 18 |
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.