Die gewilde en talentvolle rock-groep, Saarkie, se nuwe treffer, River Blues, volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystellings, Suidwes-Afrika, Vir Altyd en Langpad, wat vir weke op die trefferparades gepronk het.

Mjön van Blommestein, lid van die groep, het hierdie liedjie geskryf oor die Oranje Rivier, wat ‘n dubbel-betekenis het oor roei, maar ook die lewe. Die meisies het in Desember 2018 na ‘n maandlange toer in die Kaap, die Oranje Rivier gaan roei op die grens van Namibia. “Die liedjie gaan oor die hindernisse wat in die lewe oor jou pad kom en jy weet nooit regtig waarheen jy oppad is nie, maar jy het ‘n idee en ‘n visie waarheen jy moet gaan. Jy vertrou dit is mooi aan die ander kant of dat jou moeite en harde werk die sout werd gaan wees,” vertel Mjön.

‘’Ons het die 5-dag roei opsie gekies en het langs die rivier geslaap vir 4 nagte. Dit was ongelooflik warm en elke oggend omtrent 05h00 begin met ontbyt en 06h00 was ons op die water. Ons het in totaal 50km geroei. Ons het ongelooflike mense ontmoet en in die aande om die kampvuur gesit en gesels en gesing. Dit was ‘n belewenis. Die eerste 2 dae het ons baie wind van vooraf gekry en ons het nogal gesukkel en hard gewerk om iewers uit te kom. Ons het geen idee gehad waarnatoe ons roei nie en hoe lank ons elke dag gaan roei nie. Ons het net geweet ons moet roei en ons moet onsself geniet in die proses,” voeg sy by.

Die musiekvideo van River Blues wat deur Mjön (Girl With Hat Productions) vervaardig is, is ook saam met die liedjie uitgereik. Mjön vertel dat die video bestaan uit fotos en videos van hulle ervarings op die Oranje Rivier. Herinneringe, die wonderlike mense wat hulle ontmoet het, plaaslik en internasionaal.

Almal het mense nodig in die lewe wat jou help roei of ondersteun, of dit jou ouers, jou diere, vriende of lewensmaat is. Die lewe gaan soms soos ‘n opdraande pad voel, maar wanneer jy aan die anderkant aankom, was dit tòg die moeite werd. So hou moed, want jy sal nooit ‘n roete gegee word wat jy nie kan aanpak nie,” sluit sy af.

River Blues is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram | Webblad 

Leave a Reply

error: Content is protected !!