Die hartsnare van boeremusiek is terug met hul 24ste album, Warmvat Ghitaar. Hennie De Bruyn en die Kitaarkêrels het al op vele radiostasies op die top 40 verskyn, word geag as legendes in die boeremusiek genre en die Suid Afrikaanse musiek gemeenskap.

Warmvat Ghitaar is gekomponeer deur Hennie De Bruyn en is opgeneem deur Hannes Schoeman by H&R Musiek. ’n Paar van hul vorige albums het goue of platinum status
bereik en met hulle nuwe album, Warmvat Ghitaar is hulle reg om die boeremusiek genre, weereens aan die brand te steek.

Hennie De Bruyn is al vir baie jare ’n huishoudelike naam in Suid Afrika vir. Hy het vanaf 11 jarige ouderdom begin speel in orkeste in Vanderbijlpark. In 2004 het Hennie ’n album opgeneem by Rooidag Musiek en dit is hier waar Hennie en die Kitaarkêrels bymekaar gekom het vir die eerste keer. Sedertdien het hulle al vir 16 jaar saam musiek gemaak.

Hennie De Bruyn en die Kitaarkêrels het die kuns volmaak om nie net lekker luister boeremusiek te maak nie, maar om ook witwarm dansmusiek te maak. Vanaf die eerste lied op die album, Vat Hom Pappie spog hulle met hul vinnige vingers en hul lekker dans lied, Rooiberg Seties, is ‘n lied wat een spoor volg soos die Kitaarkêrels vas staan in hulle genre in Afrikaans. Gee Hom Vet maak met nostalgie die langpad korter en Lied Vir Danie en Marelize is ’n lekker stadige lied waarop jy kan vasdans. Sanna van Saldanha sluit die album af en laat ’n mens hartseer voel omdat die album ‘verby’ is.

Egte boeremusiek liefhebbers sal verseker aanklank vind in hierdie album met die hoë gehalte van musiek wat in hierdie album verskyn. Luisteraars sal virseker hulle skoene
moet uitrek en vinnig ’n gladde vloer moet opspoor om hierdie album ten volle te kan geniet.

Warmvat Ghitaar is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook 

Leave a Reply

error: Content is protected !!