Richelle Grant, die Afrikaanse Gospelesangeres, beloof om die musiekindustrie opnuut verras met haar splinternuwe lied, getiteld “Die Een Wat Ek Liefhet.”

“Die Een Wat Ek Liefhet” is geïnspireer deur Hooglied en  Richelle se diepe honger, dors en soektog na God op ‘n intense wyse verwoord. Die lirieke bring ook die diepe liefde tussen Jesus en Sy bruid na vore en word bekroon met pragtige kitaarwerk deur Stass van Onbeskaamd. Met hierdie lied bied Richelle ‘n ware huldeblyk aan God en vertolk sy haar innige begeerte om in Sy teenwoordigheid te wees. 

Vir Richelle se loopbaan hou die goeie nuus net kop uitsteek, met onlangse suksesse in haar loopbaan. Aan die begin van die jaar het sy die Afri-Indie-toekennings verower, waar sy as die beste nuweling en beste vroulike Gospele enkelsnit vereer is vir haar treffers “Herbou” en “Vul Die Huis Met U Glorie“.

En die goeie nuus hou aan: Richelle is ook genomineer vir ‘n Aitsa-toekenning in die kategorie Geestelike liedjie van die jaar vir haar gewilde lied “Vul Die Huis Met U Glorie“.

Die toekoms is helder vir Richelle, aangesien sy haar musikale styl verder wil ontwikkel. Sy is besig om haar volgende paar liedjies vry te stel, wat ‘n akoestiese gevoel sal hê. Met hierdie benadering wil sy die intieme aard van haar musiek behou. Daarbenewens werk sy reeds aan ‘n energieker projek wat later in die jaar die lig sal sien. Richelle voel diep geseënd dat die Here haar nuwe liedjies toevertrou en haar die geleentheid bied om dit op te neem en met die wêreld te deel. Sy besef dat sulke geleenthede nie vanselfsprekend is nie en waardeer dit opreg.

Richelle Grant | Foto verskaf

Die Afrikaanse Gospelmark is besig om te groei en Richelle is opgewonde om te sien wat die toekoms inhou vir Afrikaanse Gospel in Suid-Afrika. Daar was ‘n tyd waarin dit stil was, maar sy merk ‘n hernude honger onder verskillende Christen-sangers en aanbiddingsleiers vir nuwe musiek. Sy glo dat hierdie honger nou begin bloei en dat daar groot dinge op die horison is.

Die Een Wat Ek Liefhet” is reeds een van Richelle se gunsteling liedjies tot dusver. Dit is ‘n weerspieëling van haar passie vir God en haar strewe na ‘n intieme verhouding met Hom. Met hierdie lied en haar toekomstige werke, hoop sy om harte te raak en luisteraars te inspireer om die liefde en genade van God te omhels. Die akoestiese klanke van Richelle se nuutste vrystelling, bring vernuwing en ‘n nuwe manier van gelof sang wat beslis wyd ondersteuning sal kry.

Richelle Grant by die Afri-Indie Toekenning vroeër die jaar. | Foto: Facebook

Richelle Grant se musiek is ‘n bewys van haar toewyding aan God en haar opregte geloof. Sy bring nie net mooi melodieë en lirieke na die luisteraars nie, maar ook ‘n diep en betekenisvolle boodskap van hoop, vreugde en liefde. Sy is ‘n ware talent in die Afrikaanse Gospelbediening en haar impak op die musiekbedryf sal beslis voortduur.

Die Een Wat Ek Liefhet” is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!