Ricardo Muller het pas sy eerste enkelsnit Hou My Vas vrygestel. Ricardo beter bekend as “Ricky” is ‘n bekende gesig en stem in die Hartbeespoort area al vanaf 2009.
Ricardo het Hou My Vas self neergepen en die talentvolle Vincent Gordon (bekend vir die gewilde snit Stap Soos Karlien) het die finale toonset gedoen. Alhoewel Ricardo meer bekend is vir Ballades en “golden oldies” is Hou My Vas die teenoorgestelde daarvan. Hou my Vas is ‘n tipiese Afrikaanse dansvloer snit.
“Die liedjie is al so 3 jaar lank op skrif neergelê, en die rede dat hy solank gevat het om klaar te maak is omdat ek nie die regte persone kon kry wat my visie vir die liedjie gedeel het nie.” vertel Ricardo.
“Afrikaanse musiek lê my nog altyd na aan die hart en as jong kind het ons op die dansvloer groot geword met die tipe musiek”
Ricardo se liefde vir musiek is alreeds van jongs af duidelik sigbaar vir sy ouers en hy het reeds op die ouderdom van 2 sy eie kitaar gekry. Ricardo het grootgeword in Krugersdorp waar hy ook lid was van die skoolkoor en het later as jongman Rustenburg toe verhuis waar hy begin om aan sangkompetisies deel te neem. Hy het selfs vir sanglesse gegaan by Tillie Pieterse. Hy het later deel geword van die ATKV Centurion sanggroep wat op feeste opgetree en daar het sy liefde net meer gegroei vir die verhoog en gehoor en hy het selfs toekennings ontvang by ATKV vir sy optredes.
Ricardo het in een kompetisie selfs demo opnames gewen waar hy 3 liedjies opgeneem het en self gebruik het vir bemarking. Meer onlangs het Ricardo aan ‘n kompetisie Laat die Mense Sing deelgeneem wat aangebied was deur Jannie Moolman en Dozi waar hy baie positiewe terugvoering en blootstelling ontvang het.
Ricardo is reeds besig om te werk aan sy nuwe snit. Selfs die voorbereiding vir Hou My Vas se musiek video is ook in die pyplyn en hy is baie opgewonde en hoop om dit eerdaags te deel.
Hou My Vas is beskikbaar op alle digitale platforms.
Sosiale Media: Facebook | Instagram