Dr. Lizelle Grobler kan lees met ‘n blinddoek aan, maar dit alles te danke aan ons ongelooflike brein! Jy kan dit ook doen met n bietjie opleiding! Reputasie het so bietjie met Dr Grobler gaan gesels oor interessante dinge.

  1. Hoe het jou ervaring met die opleiding in Duitsland jou siening oor die potensiaal van die menslike verstand verander?

Ek het net weereens besef dat ons in staat is tot soveel meer as wat ons besef. Die menslike brein het soveel potensiaal, maar die geheim lê in wat ons glo. Ons skep ons eie limiete in die lewe en watookal jy glo moontlik is, is moontlik. Partymaal vat dit bietjie meer tyd, maar druk deur en glo in jouself.

  1. Kan jy vir ons ‘n kort oorsig gee van die tegnieke wat gebruik word om die verstand se potensiaal te ontsluit vir beter fokus, geheue, kreatiwiteit, en probleem oplossings vermoë?

Dis ‘n hele proses en baie teorie om te verstaan; maar die basiese begrip is om meer aandag te gee aan die ontwikkeling van die regter brein, wat ons vroulike brein is: kreatief, intuitief,emosioneel. Volgens die Gestalt-teorie organiseer ons brein visuele inligting in patrone en geheel, eerder as om bloot individuele elemente waar te neem.  Die linkerbrein is ons manlike brein, die analitiese, tale, wiskundige, opeenvolgende verwerking en detail georienteerde brein.  Partymaal het ons net nodig om meer te fokus op dit wat belangrik is, stil te raak en te luister. Luister na die stilte binne in jou, want al die antwoorde lê daar. Partymaal vat dit bietjie meer tyd, maar druk deur en glo in jouself. As jy glo dit is moontlik, is jy reg. Indien jy glo dit is nie moontlik nie, is jy ook reg. Dis so eenvoudig soos dit.

  1. Hoe kan die begrip van persoonlikheid en gesigsprofilering help om effektiewe kommunikasie en interpersoonlike verhoudings in die besigheidswêreld te bevorder?

Wanneer ons die kennis het om verskillende persoonlikhede te onderskei en beter te verstaan; sal beter kommunikasie vanselfsprekend volg. Dit gee ons die geleentheid om beter met mense oor die weg te kom, te verstaan hoe hulle dink en wat hulle voorkeure in die lewe is. Gewoonlik vat dit ons n baie lang tyd om iemand beter te leer ken, voordat ons hulle begin verstaan. Gesigsprofilering gee jou die geleentheid om dit nou binne n paar minute te doen. Wat ons defnitief meer effektief maak wanneer dit kom by verhoudings. Of dit nou met n kollega is of in ons persoonlike lewe.

  1. Wat is jou aanbevelings vir korporatiewe bestuurders en entrepreneur’s wat hulself en hul personeel wil toerus met hierdie vaardighede en tegnieke?

Eerstens sou ek voorstel, dat n maatskappy wat graag hierdie opleiding vir hulle personeel wil aanbied, dit met hulle bespreek, hoor of daar enige belangstelling is, en indien wel, is dit altyd goed om hulle n klein gedeelte van die opleiding self te laat betaal. Wanneer mense persoonlik in iets belê; is daar net soveel meer toewyding en fokus. Dit moet iets wees wat jy wil doen om jouself te verbeter en nie omdat jy forseer word om dit te doen nie…Slegs n voorstel, maar in my opinie is daar defnitief waarde daarin om mense toe te laat om self verantwoordelikheid te vat vir hul groei en ontwikkeling.

  1. Hoe kan die gebruik van hierdie tegnieke ‘n organisasie se prestasie en kultuur beïnvloed?

Indien jy voel dat dit voordelig sal wees vir jou organisasie dat jou personeel meer kreatief en intuitief is, beantwoord jy die vraag self. Maar ons fokus nie net op die tegniek alleen nie. In die 4 dag opleiding word daar ook ander tegnieke geleer om die brein te bemeester asook gesigsprofilering. Oor die algemeen moet jy as mens voel dat jy tydens die opleiding gegroei het,bemagtig is en geinspireer is om n verskil te maak: nie net in jou eie lewe nie, maar ook in almal wat jy aanraak se lewens.

  1. Kan jy enige voorbeelde deel van hoe individue of organisasies voordeel getrek het uit die implementering van hierdie tegnieke in hul werksomgewing?

Oor die algemeen is die terugvoer van organisasies dat die grootste merkbare verskil na die opleiding die mense se veranderde uitkyk op die lewe is. Minder negatiwiteit en meer hoop. Die personeel verstaan mekaar beter en as gevolg daarvan verdra hul mekaar se tekortkominge en begin mekaar eerder aanvul en mekaar se sterk punte te gebruik in plaas daarvan om jou kollega te probeer verander om jou sieninge aan te neem.

  1. Wat is die eerste stappe wat ‘n individu kan neem om hierdie tegnieke te begin bemeester vir persoonlike en professionele ontwikkeling?

Daar is ongelukkig nie stappe wat geneem kan word nie, behalwe om die besluit te neem dat jy die verantwoordelikheid wil neem om tyd te spandeer om jouself te verbeter. Die opleiding bestaan uit teorië, die verwydering van blokkasies in ons denk patrone ens. Wat nie iets is wat jy self kan doen nie. Dit verg tyd, geloof, uithouvermoë en kennis.

  1. Hoe belangrik is die rol van bewustheid en fokus in die ontwikkeling van hierdie vermoëns, en hoe kan mense hieraan werk?

Dit is ongelooflik belangrik; asook geloof in onsself. As jy glo jy kan dit doen, is jy absoluut reg; maar net so ook die teenoorgestelde, as jy glo dat jy dit nie sal regkry nie, is jy ook reg. Jou vermöens lê in jou eie hande, wat jy ookal glo dit mag wees.

  1. Wat sien jy as die toekomstige impak en belangrikheid van hierdie benaderings vir persoonlike en professionele ontwikkeling?

Die impak wat ek sien, lê veral in die toekoms van ons kinders en die daaropvolgende genirasies. As jy kinders kan leer wat hulle vermöe is, en waartoe hulle in staat is, kweek jy n sterker, meer ingeligte en bekwame generasie. Wat weer op hul beurt hulle kinders kan leer. Die mensdom loop vir veels te lank met oogklappe rond, omdat ons alles wat ons nie verstaan nie, onmiddellik n etiket opsit van “dis verkeerd” in plaas daarvan om stil te sit en te wonder hoekom ons geskape is met sekere vermöens, as ons dan nie bedoel was om dit te gebruik nie?

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!