Filmfinity, in samewerking met Starburst Promotions, Vonk Musiek en Vellie Boutique, het op 25 Mei 2023 ’n eksklusiewe voorskou gehou van die skreeusnaakse komedie, About My Father.

Hierdie glansryke en gesellige geleentheid is by The Grove Mall gehou en is bygewoon deur ’n wye verskeidenheid bekendes en mediaverteenwoordigers, waaronder Neil Sandilands, Frank Rautenbach, Dozi, Zaan Sonnekus, Kerry B, Fouche Wessels, Jaid River, Abel Knobel en meer. Diemersfontein het gaste ook op die aand bederf met uitgesoekte wynsoorte.

About My Father is tans in plaaslike rolprentteaters te sien en ondersoek familieverhoudinge op ’n  skreeusnaakse, maar hartroerende, manier. Legendariese akteur, Robert De Niro, span kragte saam met die Italiaans-Amerikaanse komediant, Sebastian Maniscalco – op wie se lewe die verhaal losweg gebaseer is – om ’n unieke eindproduk te skep wat ’n moet-sien is vir enigeen wat vlymskerp humor en ’n goeie storie waardeer.

Lees Reputasie se resensie hier

Hierdie rolprent, deur die bekroonde regisseur Laura Terruso, volg die storie van Sebastian (Maniscalco) en sy pa Salvo (De Niro). Salvo, ’n hardkoppige Italiaans-Amerikaanse haarkapper, ry sy seun se pogings om sy meisie Ellie (Leslie Bibb) se welgestelde en effens eksentrieke familie te beïndruk. Die drama skop af wanneer Sebastian sy pa saamnooi om die langnaweek saam met hulle te spandeer op Ellie se familielandgoed en ’n kombinasie van kultuur- en generasie-geskille, met verrassende gevolge, ontvou.

Die storielyn is geïnspireer deur Maniscalco se eie ervaring toe hy sy vrou se familie moes ontmoet. About My Father kry dit reg om op ’n slim manier te wys wat gebeur wanneer twee gesinne, uit verskillende sosio-ekonomiese agtergronde, gedwing word om ’n naweek saam te spandeer en mekaar se oortuigings uitdaag. Gedurende dié proses ontdek hulle egter dat dit juis hulle verskille is wat hulle uniek maak. Alhoewel die rolprent skreeusnaakse tonele bevat, is daar ook warm, emosieblaaide oomblikke, wat groot waardering uitgelok het by almal wat die voorskou bygewoon het.

Buiten vir Maniscalco en De Niro, spog About My Father ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, wat Kim CattrallDavid Rasche, Brett Dier en Anders Holm insluit as Sebastian se aanstaande skoonfamilie. Hierdie groep akteurs se uitstekende toneelspel verleen ’n outentieke diepte aan die storie, wat kykers vir lank sal bybly.

About My Father herbevestig die waarde van familie en liefde en herinner die kyker dat dit soms nodig is om mekaar halfpad te ontmoet wanneer dit by familie kom.

Dis immers soos Sebastian Maniscalco sê: “Almal het ’n familielid met wie hulle nou en dan koppe stamp, maar op die einde van die dag gaan dit oor familie en ons liefde vir mekaar”.

Die fliek, wat plaaslik versprei word deur Filmfinity Pty (Ltd.), beloof om gehore te laat skater van die lag en sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. Gaan kyk dit nou by ’n bioskoop naby jou!

Leave a Reply

error: Content is protected !!