Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van haar Afrikaanse nuutskepping “Dis die dors” en haar onlangse Engelse nuutskepping “Rather be alone than alone in love.” Die bekendstelling van die twee enkelsnitte dien as voorlooper tot die bekendstelling van twee nuwe vollengte albums. Op 12 April 2024 sal beide haar Afrikaanse én Engelse albums aanlyn bekendgestel word. Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige ‘n nuwe solo album bekendstel.

Dis die dors” is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas.

Harmony” is Luna se vyfde Engelse solo album.  “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang. “Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heroclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.

Waar “Dis die dors” introspektief handel oor die mens vs natuur, handel “Harmony” oor die mens in verhouding tot ander mense – “…Oor ons verhoudings met mekaar én met die wyer samelewing”, meen Luna Paige.

Die musiek? ‘n Eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.

Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:

  • 100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R450 elk.
  • 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
  • 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit “Dis die dors” en “Harmony”.

Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April op Luna se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.

Konsertdatums om die nuwe albums bekend te stel:

Vrydag 5 April | Drostdy Theatre | Stellenbosch.

Deure open: 19:00

Konsert: 20:15

Kaartjieprys: R195 by Webtickets:

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1545060374

Met Mauritz Lotz op kitaar, Schalk Joubert op baskitaar, Kevin Gibson speel die dromme, Blake Hellaby op klawers, Tim Welsh op saksofoon en Petrus de Beer op viool. Daar sal ook `n paar gaskunstenaars wees.

 

Vrydag 12 April | Maroela Media| Pretoria.

Eksklusiewe konsert vir 40 mense by Maroela Media, sluit wyn en `n ligte ete in.

Deure open: 17:30 vir 18:00.

Vertoning begin: 18:30

Kaartjieprys: R410 by Quicket: https://qkt.io/BkiV82

Met Mauritz Lotz op kitaar.

 

Sondag 14 April | Moonshot Café | Pretoria.

Deure open: 13:00

Konsert: 14:30

Kaartjieprys: R200 by Quicket: https://qkt.io/tR9Nhd

Met Mauritz Lotz op kitaar.

 

Woensdag 17 April | BV Hall | Philadelphia.

Deure open: 19:00

Konsert begin: 20:00

Kaartjieprys: R200 via Quicket: https://qkt.io/DAlG8G

Met Mauritz Lotz, Schalk Joubert en Kevin Gibson.

Vooraf ete kan be Pepper Tree Restaurant apart bespreek word: 021 972 1916 / 084 707 3177.

Akkommodasie beskikbaar by De Dapper Huys: +27 76 108 4151.

Leave a Reply

error: Content is protected !!