Hierdie week op die Alternative Top 40.

Hierdie week op No 1, maak Lucy Kruger & The Lost Boys hul debuut met hul nuwe enkelsnit Burning Building.

Onskuld Van ‘n Kind van Vrede is hierdie week op No 2. Die liedjie was verlede week op No 1 en het ‘n totaal van twee weke op No 1 gespandeer.

Mann Friday se Caravan In The Mist maak hul debuut op No 3. adolescent energy van Phrazes maak ook sy debuut op No 4.

Op No 5 is Ten Minste Vir My van Zaan Sonnekus, wat vir die 4de week in die Top 10 is.  Revolusie van Mensdom skuif een posisie op na No 6 vanaf hul debuut verlede week op No 7.
Perspektief van Vrede is op No 7.

Crows Feet van West Coast Wolves sak terug na No 8, na die liedjie verlede op No 2 sy hoogste posisie nog bereik het.

Bittersomerson van Gevoel Van Veiligheid maak hul debuut op No 9, na die vrystelling van hul nuwe enkelsnit. Met die vrystelling van hul musiekvideo, sal Bittersomerson volgende week na verwagtig nog skuig op die trefferlys.

Die Top 10 word voltooi deur Almero se Donnerse Lag.

Ander noemenswaardige skuiwe op die Alternative Top 40 sluit in: Hey Jy! van Bloumoord wat vanaf No 12 na No 11 klim. Dit is die liedjie se hoogste posisie nog.

Die nuwe liedjies op die trefferlys sluit in:

  • As I Turn Away van Jack Hammer Band op No 34

Sien die volledige Alternative Top 40 hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!