Einstein het een maal gesê: “As jy alles beter wil verstaan, moet jy diep in die natuur gaan kyk.”

Dit is geen wonder dat Neil Nachtrein in sy nuwe lied, Voer My Vir Die Berge, oor die verlange na die natuur sing nie.

Op ’n aand in ’n hotelkamer in die stad sit Neil Nachtrein en kyk by die venster uit. Hier besef hy dat hy weke laas die sterre gesien het. Hy sê vir homself: “In die stad word dit nooit donker nie, dit word nooit stil nie,” en die eensaamheid oorweldig hom.

’n Diep verlange na die berge en die natuur begin in hom woed en ’n tweestryd in hom skop af.

In sy nuwe lied, Voer My Vir Die Berge, ondersoek Neil Nachtrein die hunkering na ’n eenvoudiger lewe in die natuur en hoe dit direk in stryd is met die moderne lewe in die stad. Die lied is ’n metafoor vir sy begeerte om naby die Skepper te leef.

Eg aan Niel Nachtrein se styl is Voer My Vir Die Berge ’n lied wat ook in rou emosies gegiet is. Dié Afrikaanse folk-rock lied sal emosies van vrede en verligting by jou los.

Die opgewekte ritmes lei jou gedagtes om diep na te dink oor dit wat werklik vir jou belangrik is. Dit herinner die luisteraar aan die mens se verganklike aard. Die tempo beklemtoon die dringendheid van dié boodskap: “Wanneer my vlees finaal terugkeer tot stof, voer my weer vir die berge.

Kyk die musiekvideo hier:

Voer My Vir Die Berge is geskryf deur Neil Nachtrein en vervaardig deur Tertius Human. Die aangrypende kitaarspel is boeiend. Van die eerste noot af word jy oortuig daarvan om die lied oor en oor te luister.

Neil is glad nie ’n vreemdeling in die musiekbedryf nie. Hy het reeds in 2012 sy eerste album, GISTERS&BLISTERS, uitgereik. In 2019 sien sy tweede, OP PLEKKE WAAR ONS EENS WAS, die lig, asook ’n musiekvideo van sy lied, Stilste Uur.

Sy musiek word hoofsaaklik beïnvloed deur Jeff Buckley, Eddie Vedder, Paulo Nutini, Damien Rice, Van Morrison, Ben Howard en Ryan Adams.

Neil het onlangs by VONK aangesluit en is tans hard aan die werk om sy eerste EP (Langspeel Plaat) gereed te kry vir bekendstelling later vanjaar.

Voer My Vir Die Berge is ten minste twee treë vorentoe vir Neil se loopbaan. Die Afrikaans is goed deurdink en die universiële aard van die musiek sal seker maak dat die lied by ’n wye gehoor aanklank vind. Dit is boonop puik skryfwerk en goeie komposisie.

Voer My Vir Die Berge is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit hier: https://linktr.ee/neilnachtrein

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!