Hierdie week op die Kraakvars Reputasie Top 40:
Wentelbaan van Legkaart skuif op vanaf No 3 na No 1 om die vyfde snit te word wat No 1 slaan op die Kraakvars Reputasie Top 40. Sonstraal van ILAN skiet op vanaf No 27 na No 2 na die uitruik van sy musiekvideo op die 9de Oktober. Kompetisie was straf tussen die twee snitte hierdie week vir die No 1 posisie, maar Wentelbaan het geseëvier.
Verloor Jouself Op My van Dotcosa (feat Bjarne) spandeer sy 5de week in die Top 3 op No 3 nadat hy die week van die 25ste September op No 1 sy debuut het maak het. Held van Harte skuif op vanaf No 7 na No 4 met Aksie!. Terwyl Rinel Day se Ek Het Opgestaan opskuif vanaf No 10 na No 5, wat dieselfde piek is as 7 weke gelede.
Verlede week se No 1, Skadu’s Van Grys van Waldo Greeff en Carma skuif 4 posisie af na No 5. Matthew John Duncan se Roep word amptelik die snit wat die langste in die Top 10 boer. Vangnet van Nadia Vorster maak ‘n haarnaaldraai vanaf No 38 na No 15.
Snitte wat hul debuut maak op die Kraakvars Reputasie Top 40 is Soveel Meer van Abel Knobel op No 10 as ook Verdienste en Genade van Stefan Jansen op No 11.
Noemenswaardige bewegings op die Kraakvars Reputasie Top 40:
- Frikkie van Biljon is weer terug in die Top 20 nadat In die Oomblik op skuif vanaf No 32 na No 19.
- Die Weduwee se Kruik van Dehan Pynappel maak weer ‘n draai op die trefferlys met sy snit op No 36, so ook Sal Ek Weer Kan Liefhê van Pierre van Schalkwyk wat op No 37 verskyn en Hartsbegeerte van Shaun Nieuwoudt op No 40.
Sien die volledige Kraakvars Reputasie Top 40 hieronder:
[…] FM se Hot Hit of the Week, RSG se Uitskieter van die Week en het die nommer een posisie op die Kraakvars Top 40-ranglys beklee. Dít en die feit dat die liedjie al meer as 1 500 keer op plaaslike radiostasies gespeel […]