Jacques & Liezel se 5de enkelsnit Need You More maak sy debuut op No 1. Rooksein het 4 nuwe snitte op die trefferlys en Johan Anker se Die Seën is in die Top 20.
Hierdie week op die Kraakvars Top 40.
Need You More is Jacques & Liezel se eerste No 1 treffer op die Kraakvars Top 40 trefferlys. Moving On die duo se treffer het op No 3 sy hoogste posisie bereik het in Augustus 2022. Dit is ook die tweede Christelike liedjie wat die hoogste posisie bereik op die Reputasie Trefferlys.
Dodo Nyoka se Foto’s wat verlede week op No 1 ‘n draai gemaak het, sak terug na No 2. Die enkelsnit is wel reg geposisioneer om weer die No 1 posisie in te neem volgende week.
Rooksein se debuut album lewer vier nuwe liedjies op die trefferlys, die eerste hiervan is 10 Uit 10 wat op No 3 sy debuut maak. Prop se Bosveld Vakansie verskyn weer op die trefferlys op No 4, na die liedjie se musiekvideo vrygestel was op die 11 November.
Net Een Keer van Samantha Leonard is op No 5, dit is die liedjie se vierde week op die trefferlys. Barto Swiegers se treffer H2Oë is op No 6, dit is die liedjie se 12de nieopeenvolgende week in die Top 10.
Rooksein beklee die No 7 en No 8 posisies met Miskien en Vertrou was elk nuut is op die trefferlys. Jan Rhaap se Jagvat is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur As Jy Praat van Dodo Nyoka.
Ander nuwe liedjies op die trefferlys:
- Die Seën van Johan Anker op No 19
- Wees Net Beter (feat. Hiram Koopman) van Rooksein op No 30
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 18 November 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Need You More | Jacques & Liezel | 1 | 1 | N |
2 | Foto's | Dodo Nyoka | 3 | 1 | 1 |
3 | 10 Uit 10 | Rooksein | 1 | 3 | N |
4 | Bosveld Vakansie | Prop | 5 | 4 | R |
5 | Net Een Keer | Samantha Leonard | 4 | 1 | 2 |
6 | H2Oë | Barto | 13 | 1 | 3 |
7 | MIskien | Rooksein | 1 | 7 | N |
8 | Vertrou | Rooksein | 1 | 8 | N |
9 | Jagvat | Jan Rhaap | 4 | 2 | 6 |
10 | As Jy Praat | Dodo Nyoka | 2 | 5 | 5 |
11 | Jy is My Huis | Dodo Nyoka | 2 | 8 | 8 |
12 | Plaaslewe | Anlia Star | 5 | 1 | 7 |
13 | Witblits | Eloff | 17 | 2 | 9 |
14 | Ek Wens | Ray Dylan | 3 | 3 | 4 |
15 | As Die Plaas Byt | Marissa | 4 | 8 | 15 |
16 | My Nannas | Wikus Botma | 5 | 4 | 16 |
17 | Kaap | Ryno Velvet & Jan Blohm | 9 | 2 | 19 |
18 | Visserman | Dodo Nyoka | 2 | 10 | 10 |
19 | Die Seën | Johan Anker | 1 | 19 | N |
20 | Katools | Kevboii | 4 | 9 | 24 |
21 | Soos 'n Wentelbaan | Dodo Nyoka | 2 | 13 | 13 |
22 | Om Jou Te Vergeet | Samantha Leonard | 2 | 11 | 11 |
23 | Kwaaitjie | Prop | 16 | 1 | 21 |
24 | Gereed Om Weer Seer Te Kry | Samantha Leonard | 2 | 14 | 14 |
25 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 29 | 1 | 23 |
26 | Sweef | Jan Bloukaas | 2 | 22 | 22 |
27 | Kopskud Revolusie | Droomsindroom (feat Spoegwolf) | 9 | 4 | 27 |
28 | ATKV | Eloff | 2 | 18 | 18 |
29 | Totaal en Al | Samantha Leonard | 2 | 20 | 20 |
30 | Wees Net Beter (feat. Hiram Koopman) | Rooksein | 1 | 30 | N |
31 | Jammer Vir Jou | Samantha Leonard | 2 | 17 | 17 |
32 | Terug In Tyd | Legkaart | 5 | 1 | 12 |
33 | Bella | Droomsindroom | 9 | 6 | 26 |
34 | Bietjie Dronk | Marissa | 18 | 4 | 25 |
35 | Tussen Die Lyne | Jan Blohm & Ryno Velvet | 17 | 5 | 32 |
36 | Skobbejak | Reen (feat. Refentse) | 17 | 10 | 30 |
37 | Swipe Regs | Eloff | 2 | 28 | 28 |
38 | Wie's Jou Kat? | Danny Smoke | 3 | 28 | 34 |
39 | Bokswyn | Caroline Grace | 13 | 6 | 33 |
40 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 22 | 2 | 29 |
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag