Die sangeres en besigheidsvrou, Irene-Louise Van Wyk het onlangs haar nuutste enkelsnit Vrou saam met Liezel Pieters uitgereik het. Die enkelsnit fokus op vroue bemagtiging en beide kunstenaars is ‘n sterk voorstanders hiervan.  Irene-Louise glo die boodskap aan vroue is sterk en hoop die snit Vrou word ‘n anthem vir die skoner geslag. Die een behoort alles te beteken vir die vrou wat dit moet.

Irene-Louise hoop dat haar musiek mense sal aanraak en Iaat Oee voel asook hul dag opkikker. “Ek was van kleins of omring deur talentvolle mense wat ‘n voorliefde vir musiek by my gekweek het. Ek put inspirasie uit die kunstenaars wat ek streef om te wees.”

Musiek vloei deur haar are van kleins af met haar Ma wat die wyle sangeres Irene Van Wyk was en Pa, musiek promotor en bestuurder Louis Van Wyk.

Irene-Louise van Wyk het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie. Die afgelope 7 jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar. Sy hou egter haar voete plat op Moeder-aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly en dat jy die vrugte sal pluk as jy hard werk. Al haar musiek is die bewys daarvan.

Vrou is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram | Twitter | TikTok 

Leave a Reply

error: Content is protected !!