Herman Kleinhans is ‘n uiters talentvolle musikant, lid van die groep TWEE en het verseker almal se aandag op hom gevestig toe hy die Afri-Visie se liedjieskryfkompetisie ‘n paar jaar gelede gewen het.  Met sy nuutste solo-album, Ruite Oop, wat onlangs vrygestel is, het hy omtrent die lig ingelaat en die eerste enkelsnit wat vanaf hierdie album uitreik is, Vliegtuig, pronk steeds op radiostasies se trefferparades landswyd.

Nou volg die uitreiking van die tweede enkelsnit, Dankie , wat hy tydens die grendeltydperk geskryf het. “Dankie is ‘n liedjie wat ek tydens die grendeltydperk vir Moedersdag vir my Ma geskryf het. Die liedjie was sommer in die kamer opgeneem, maar die reaksie was so oorweldigend, dat ek dit hierdie jaar ordentlik wou doen met ‘n professionele opname, maar die konsep bly dieselfde,” vertel Herman.

Die musiekvideo vir hierdie pragtige lied, vervaardig deur Wian van der Walt van Vonk Musiek, sal ook eersdaags bekendgestel word.  Hou gerus Maroela Media se blad om 11h00 op 30 April dop vir hierdie spesiale bekendstelling.

Herman is ook ongelooflik trots op die feit dat sy album saam met sy eie toepassing, ShareTime, uitgereik was. Die doel hiervan is om ’n platform te skep wat dit vir mense maklik maak om mekaar te help met hulle tyd en hy glo dat dit regtig ’n verskil kan maak.

Herman wat in Sunland in die Oos-Kaap gebore is se liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en is geïnspireer deur sy pa, wat altyd kitaar gespeel en gesing het wanneer vriende kom braai het.

Hy hou hy homself besig met die ontwikkeling en bemarking van sy nuwe toep, asook sy twee ander besighede, TWEE Vellies en TWEE Plakkers, wat hy en Maryke, aan wie hy onlangs verloof geraak het, saam bestuur wanneer hy nie toer en die land vol konserte hou nie.

Dankie is op Herman se album, Ruite Oop hier beskikbaar: https://lnk.to/081txIZY

Sosiale Media: Facebook | Twitter | Instagram | YouTube

Leave a Reply

error: Content is protected !!