Herlaai PretoriaHerlaai Pretoria

Die lang wag is verby en dis amper tyd vir die eerste twee van vyf HERLAAI-konserte vir 2022.

 HERLAAI is ‘n landswye konsertreeks wat spog met name soos Spoegwolf, Bok van Blerk, Refentse en Elandré Schwartz. Dié kunstenaars gaan ‘n verhoog deel in ‘n monster vertoning van 4 en ‘n half ure. En die beste? Die kunstenaars kom na jou toe! Die konsert word in 5 verskillende dorpe regoor die land aangebied.

  • Pretoria                7 Mei 2022
  • Paarl                      21 Mei 2022

Die volgende volg later vanjaar:

  • Vaaldriehoek      10 September 2022
  • Oos-Rand             8 Oktober 2022
  • George                  15 Oktober 2022

HERLAAI se slagspreuk, Jou Adrenalien Aangevuur, Jou Provinsie, Jou Taal, Jou Konsert, som presies op wat dié vertoning anders maak. Hulle bring die konsert na die mense, met konserte van Gauteng tot die Wes-Kaap, en moontlike uitbreiding na ander provinsies.

“Ons wil HERLAAI ‘n jaarlikse instelling maak,” sê uitvoerende vervaardiger Rex van Deventer, “en die moontlikheid bestaan dat daar selfs nóg kunstenaars by die 2022-program gevoeg kan word.”

“Ons het met Covid-19 besef dat alles nie meer in die stede gaan sentreer nie,” sê organiseerder Duitser Bosman, “en tesame met die honger vir goeie massavermaak het ons gedink die publiek sal byval vind as ons die beste Afrikaanse sangers na hulle toe bring om ons almal se batterye te herlaai vir die nuwe lewe ná die afgelope twee jaar.”

Meer besonderhede kan op www.herlaai.co.za gevind word.

Gou spring om jou kaartjies vir HERLAAI 2022 te kry! Met slegs ‘n beperkte aantal van 2 000 kaartjies per konsert gaan dit vlieg! Streng Covid-protokol geld by die vertonings en ‘n gedeelte van die opbrengs gaan aan die President Kruger Kinderhuis Pretoria geskenk word.

Kaartjies vir die Pretoria- en Paarl-konserte is reeds oop en beskikbaar by www.ticketpro.co.za

Toegang vir kinders onder 2 is gratis.

Leave a Reply

error: Content is protected !!