Hey Sonneblom van Droomsindroom maak hul debuut op No 1 hierdie week op die Reputasie Kraakvars Top 40. Hey Sonneblom het oor die 28 000 streams op YouTube ontvang die afgelope week. My Blom van John Rock Prophet se agt weke op No 1 is vir eers beëindig, die liedjie is op No 2 hierdie week.
Elmboog Na Bo van Jan Rhaap is op No 3, dit is die liedjie se 64ste week op die speellys. Herman Kleinhans se Vliegtuig is op No 4. Alles Gee van Jemma Catherine maak haar debuut op No 5.
Dankie van Herman Kleinhans is op No 6. Die Lonely Troebadoer van Gian Groen boer op No 7. Dit is die liedjie se 10 week op die trefferlys.
Kaalvoetliefde van Marissa is op No 8, dit is die liedjie se 10de week in die Top 10. Brannewynlippe van Wikus Botma is op No 9. Die top 10 word voltooi deur Vincent Gordon se Die Onbekende wat verlede week sy debuut gemaak het op No 2.
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van opkomende en onafhanklike kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.
Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:
Kraakvars Top 40 - 6 Mei 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 1 | 1 | N |
2 | My Blom | John Rock Prophet | 9 | 1 | 1 |
3 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 64 | 1 | 3 |
4 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 69 | 3 | 9 |
5 | Alles Gee | Jemma Catherine | 1 | 5 | N |
6 | Dankie | Herman Kleinhans | 54 | 1 | 8 |
7 | Lonely Troebadoer | Gian Groen | 10 | 1 | 7 |
8 | Kaalvoetliefde | Marissa | 14 | 1 | 4 |
9 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 29 | 1 | 6 |
10 | Die Onbekende | Vincent Gordon | 2 | 2 | 2 |
11 | Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 34 | 1 | 11 |
12 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 41 | 2 | 12 |
13 | Sal Jy Saam My Kom Drink? | Karel Bester | 37 | 5 | 16 |
14 | Suikerbos | Stefan Jansen | 36 | 1 | 14 |
15 | Ten Minste Vir My | Zaan Sonnekus | 9 | 2 | 13 |
16 | U Wil | Chantel & Jady | 2 | 5 | 5 |
17 | Sterre | KuierKoors | 14 | 2 | 15 |
18 | Kom Loop | Jan Rhaap | 62 | 5 | 17 |
19 | Ons Teen Die Wêreld | Sharoney | 37 | 2 | 20 |
20 | Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 48 | 1 | 24 |
21 | Huis Toe | Len Muller | 2 | 10 | 10 |
22 | Kateriena Malherbe | TiNO | 21 | 1 | 21 |
23 | Awe My Ma Se Kind | Pret Kadet (feat Foksie Konyn) | 60 | 2 | 28 |
24 | Verlore | Alter Ego | 11 | 15 | 32 |
25 | Arm | Julanie J | 62 | 1 | 37 |
26 | Panado Vir Die Pyn | Mionette | 9 | 2 | 31 |
27 | Kiss The Girl | Khail West | 25 | 3 | 26 |
28 | Al Wat Ek Oor Het | 1925 Band | 4 | 22 | 22 |
29 | Poetry | Ashton Wheeler | 13 | 5 | 33 |
30 | As Ek Jou Onthou | Stefan Jansen | 13 | 1 | 29 |
31 | Nog N Kans | X_C_Xreece | 47 | 8 | 36 |
32 | Sing vir my Saggies | John Rock Prophet & Gian Groen | 22 | 9 | 30 |
33 | Nuwe Generasie | KuierKoos (feat. M4RSHLL | 19 | 5 | 27 |
34 | Wag Vir My | Izak Davel | 3 | 5 | 19 |
35 | Kry Jou Ry | Jacques Leonard | 7 | 14 | 38 |
36 | Jy Oortref My | Xander Joubert | 66 | 1 | R |
37 | Perfekte Jy | Renaldo | 2 | 18 | 18 |
38 | Werkit Boetie | EDO | 18 | 2 | 39 |
39 | Twee Is Beter | Ashton Wheeler | 36 | 5 | 40 |
40 | Steek Ons Liefde Aan Die Brand | Jack & June | 55 | 3 | R |