Hierdie week op die Reputasie Top 40.
Droomsindroom se weghol treffer, Hey Sonneblom is weer No 1 hierdie week. Dit is die liedjie se 3de week op No 1 en op die trefferlys. Hey Sonneblom is ook vandag al ‘n week lank No 1 op Apple Music se Afrikaanse trefferlys. My Blom van John Rock Prophet boer op No 2, en hou vas vir die 3de week op die posisie. My Blom is ook al 11 weke op die trefferlys is was nog net in die Top 2.
Henning Joubert maak sy debuut op die trefferlys met sy nuutste enkelsnit Bobbejaan Inni Brauhaus op No 3 met meer as 5 400 kyke op YouTube. Elmboog Na Bo van Jan Rhaap op No 4. Vliegtuig van Herman Kleinhans is op No 5, dit is ook die liedjie se 71ste week op die trefferlys. Dankie, ook van Kleinhans is op No 6.
U Wil van Chantel & Jady is op No 7. Dit is die liedjie se 4de week op die speellys en in die Top 10. Lonely Troebadoer van Gian Groen is op No 8.
Jy Moet Net Jouself Wees van Bloumoord verskyn weer op die trefferlys op No 9, dis na die liedjie se radioweergawe musiekvideo vrygestel is deur Vonk Musiek. Die Top 10 word voltooi deur Jemma Catherine se Alles Gee.
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 20 Mei 2022
| No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
| 1 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 3 | 1 | 1 |
| 2 | My Blom | John Rock Prophet | 11 | 1 | 2 |
| 3 | Bobbejaan Inni Brauhaus | Henning Joubert | 1 | 3 | N |
| 4 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 66 | 1 | 4 |
| 5 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 71 | 3 | 3 |
| 6 | Dankie | Herman Kleinhans | 56 | 1 | 5 |
| 7 | U Wil | Chantel & Jady | 4 | 5 | 8 |
| 8 | Lonely Troebadoer | Gian Groen | 12 | 1 | 6 |
| 9 | Jy Moet Net Jouself Wees | Bloumoord | 14 | 2 | R |
| 10 | Alles Gee | Jemma Catherine | 3 | 5 | 16 |
| 11 | Tydelik | Harry Broersma | 1 | 11 | N |
| 12 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 31 | 1 | 9 |
| 13 | Kaalvoetliefde | Marissa | 16 | 1 | 7 |
| 14 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 43 | 2 | 11 |
| 15 | Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 36 | 1 | 10 |
| 16 | Die Onbekende | Vincent Gordon | 4 | 2 | 12 |
| 17 | Suikerbos | Stefan Jansen | 38 | 1 | 13 |
| 18 | Sal Jy Saam My Kom Drink? | Karel Bester | 39 | 5 | 14 |
| 19 | Ten Minste Vir My | Zaan Sonnekus | 11 | 2 | 15 |
| 20 | Sterre | KuierKoors | 16 | 2 | 17 |
| 21 | Kom Loop | Jan Rhaap | 64 | 5 | 19 |
| 22 | Ons Teen Die Wêreld | Sharoney | 39 | 2 | 18 |
| 23 | Toe Vind Ek Jou | Scheppel | 16 | 3 | R |
| 24 | Arm | Julanie J | 64 | 1 | 22 |
| 25 | Poetry | Ashton Wheeler | 15 | 5 | 24 |
| 26 | Vonkel | MYMYMY | 1 | 26 | R |
| 27 | Kateriena Malherbe | TiNO | 23 | 1 | 27 |
| 28 | Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 50 | 1 | 20 |
| 29 | Jy Oortref My | Xander Joubert | 68 | 1 | 39 |
| 30 | Kiss The Girl | Khail West | 27 | 3 | 23 |
| 31 | Awe My Ma Se Kind | Pret Kadet (feat Foksie Konyn) | 62 | 2 | 21 |
| 32 | Perfekte Jy | Renaldo | 4 | 18 | 36 |
| 33 | Panado Vir Die Pyn | Mionette | 11 | 2 | 28 |
| 34 | Kry Jou Ry | Jacques Leonard | 9 | 14 | 32 |
| 35 | Eendag As Jy Groot Is | Dawie De Jager | 9 | 3 | R |
| 36 | Sing vir my Saggies | John Rock Prophet & Gian Groen | 24 | 9 | 29 |
| 37 | Nuwe Generasie | KuierKoos (feat. M4RSHLL | 21 | 5 | 30 |
| 38 | Twee Is Beter | Ashton Wheeler | 37 | 5 | R |
| 39 | Nog N Kans | X_C_Xreece | 49 | 8 | 33 |
| 40 | As Ek Jou Onthou | Stefan Jansen | 15 | 1 | 26 |

