Kinders Vannie Suburbs het in Maart 2020 hul EP Onperfek Nes Ek vrygestel. Corné Opperman beskryf die skryf van die Onperfek Nes Ek as terapie gebruik om van emosionele wonde te genees die afgelope twee jaar. Daar is vyf snitte op die EP wat handel giftige verhoudings en vriendskappe as oor minderjarige drinkery en selfliefde. Die lirieke is diep, donker en deel rou emosies in elke snit.

Kinders Vannie Suburbs, Corne Opperman. Foto: Verskaf

Die eerste snit Onperfek Nes Ek handel oor die onderwerp van selfliefde. ‘n Mens moet die foute wat mens gemaak het erken en weet dat mens onvolmaak is. En bo alles dit te aanvaar. Die tweede snit Dis Scary Shit, bespreek minderjarige drank gebruik en hoe mens vriende kan verloor as jy  nie deel vorm van die groep druk nie. Die klank van die snit vang vas die alleenheid en angs wat mens kan voel as jy nie meer beul blaas van die verkeerde vriende nie. Die derde snit, Korttermyn Liefde, gaan oor ‘n ou wat meer as net vriende met voordele wil wees met die meisie, maar sy stel nie belang nie. Hierdie Gevoel is die vierde snit, en handel oor die gevoelens van alleenheid en hartseer wat mens ervaar na mens uit gemaak het in ‘n verhouding. Die laaste snit op die EP, Thanks for the Memories, gaan oor ‘n verhouding wat Corné in was in 2019 en hoe misleidend dit was. In plaas daarvan om kwaad te wees en ‘n wrok te koster teenoor die meisie sê Corné dankie dat hy kon geleer het wat om te aanvaar in sy lewe en wat nie.

Mens moet Corné prys vir algemene produksie en dat hy elke aspek daarvan gehandhaaf het. Corné se stemwerk is so uniek, dit kan beskryf word as ‘n melodiese stem wat hy gebruik om die luisteraar hoendervleis te gee met lirieke wat met jou siel praat.

Kinders Vannie Suburbs is ‘n musiek projek van die sanger en liedjieskrywer Corné Opperman, waarvan hy die enigste lid is op die oomblik. Die klanke van die band is Grunge, Alt Rock en Punk Rock op ‘n onperfekte manier. Corné het al die verhoog gedeel met kunstenaars soos: Matt Carstens, Sunset Sweatshop en Tasché Burger.

Leave a Reply

error: Content is protected !!