Julanie J se trefferlied Arm het in 2021 groot sukses behaal en speel na maande steeds landwyd op verskeie gewilde radios. Met nagenoeg 50 miljoen radio indrukke (volgens RadioMonitor.com) het hierdie lekker ligte liefdesliedjie wat Julanie vir haar man JP geskryf het, op verskeie trefferparades geskitter en die video van die lied is reeds meer as 150 duisend keer op Youtube gekyk.

Julanie J. Foto: Willem Botha
Julanie J. Foto: Willem Botha

Kort op die hakke van Arm se sukses het ‘n splinternwe enkelsnit Bitter in November gevolg. Julanie vertel meer oor die lirieke: Toe ek en my vriendinne een aand `n baie duur bottel sjampanje drink, was ons verbaas dat dit glad nie baie lekker was nie. Ons het almal gespot en gesê dat ons eerder die goedkoper opsie moes kies, vandaar die woorde: “Die duur bottels proe bitter vir my.” Die liedjie praat natuurlik van die sjampanje maar ook hoe ons as jong vroue nog uitvind wie ons is en wat ons wil hê. Dit kan soms moeilik wees in vandag se tyd met sosiale media en die wan- persepsie van hoe ons moet lyk en onsself gedra. Aan die einde van die dag dink ek ons soek almal meer selfvertroue – en die lewe is beslis te kort vir slegte sjampanje!”

Ten spyte van die wêreld se uitdagings, was 2021 vir Julanie J `n jaar van groot nuwe dinge. Sy vertel: “Ek weet nou hoe lekker dit dit voel om een van my liedjies op verskeie radio-stasies te sien klim en na nr 1 te gaan. Dis `n onbeskryflike gevoel!  Arm se sukses het my net weereens laat besef hierdie is wat ek wil doen: musiek maak vir mense.  Ek het ook geleer dat mens se gesondheid `n top prioriteit moet wees en dat die klein goedjies wat ons so oor stres, nutteloos is. Dis die samekoms van familie en vriende wat ons weer verfris en vernuwe en ons moet alles doen om dit te beskerm. Ek voel gereed om 2022 in te gaan en is dankbaar om dit gesond, sterk en met blydskap in te tree! Ek wens vir almal `n wonderlike feestyd met hul geliefdes toe en hoop dat 2022 vol nuwe avonture, liefde en vreugde sal wees!”

Die passievolle sangeres se aanloop tot sukses het in alle erns afgeskop in 2016, toe haar debuut- album Spirit Breakout binne minder as 24 uur van vrystelling Top 20 erkenning behaal het op die internasionale iTunes-ranglys, en ter selfde tyd aangedui is as nommer 3 op ons plaaslike ranglys. Sy is ook in dieselfde jaar op die ouderdom van 19 genomineer vir ‘n Mzansi-toekenning – ‘n enorme eer en prestasie vir ‘n relatiewe nuweling in die Suid-Afrikaanse kalklig. Deesdae is sy kliphard aan die werk aan nuwe musiek saam vir haar eie platforms, maar ook in groot aanvraag onder ander plaaslike en internasionale musikante wat in groot getalle aanklop vir haar gesogte liedjieskryf- dienste.

Videos:

Luister hier na BITTER: https://youtu.be/ynXsApzF8C8

Stroom die album “Mooi” hier: https://WarnerMusicSA.lnk.to/MooiM7

Sosiale Media:

Facebook:

Instagram: @JulanieJ

Leave a Reply

error: Content is protected !!