Op Die Heuwels Fantasties se agste ateljee album, Volume, sien ons hoe hierdie konstante innoverende groep, hulle negentigs invloede in die huidige digitale- stroom- era inspan. ‘Volume’, wat op Vrydag 22 Oktober uitgereik was, spog met ‘n elektriese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so bietjie electro-folk vir `n uitsonderlike audio umami.

Hunter Kennedy vertel dat hy uit sy nate is oor die uitreiking van die nuwe album: “Dit is ons derde een sedert die pestilensie en ek dink dit het in ons guns getel om geolie te bly. Pierre het ’n great job gedoen met die skryf van ‘EGGO’ en die samewerking met Spoegwolf het dit natuurlik tot ’n volgende vlak geneem. Ek hou ook baie van ‘Werk Vir ’n Lewe’ se energie. Ons het dit ontgun daar waar Blink-182 die wortels begrawe het. Ek sou sê die album as geheel is ’n kombinasie tussen die volwassenheid van ‘Herverbeel’ en die dringendheid van ‘2021′. ‘Volume II’ is ook al amper klaar en dit maak my nog meer opgewonde. Ons het baie nuwe musiek om te deel!

Fred den Hartog voeg by: “Met Volume het ons die saksofoon, kitaar, klavier, perkussie en stemme op ‘n ander manier benader. Ons het alles stuk- stuk opgeneem om uiteindelik by ‘n plek te kom wat vars, uniek en steeds ‘Heuwels’ is, as dit sin maak. Ek hoop almal hoor en voel ons deur hierdie paar songs te luister.

Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album ‘EGGO‘ is ‘n karige ballade vir onseker tye. Die subtiele klavier en tjello skep asemhalingsruimte vir Pierre (Die Heuwels Fantasties) en Danie (Spoegwolf) om hul aparte kwesbaarhede te emotiveer. Die lied se crescendo is ‘n katarsiese samekoms van twee generasies van alternatiewe Afrikaner. “EGGO” sal reeds vanaf 15 Oktober op alle digitale platforms beskikbaar wees.

Snitte op die album:

  1. Hoor Jy My
  2. Werk Vir ‘n Lewe
  3. EGGO – met Spoegwolf
  4. Okay, fine
  5. Hardloop Weg 2.0
  6. Days Are Dark
  7. Goeiemore Suid Afrika
  8. Bellville

Volume is beskikbaar op alle digitale platforms.

VOLUME BY DIE FORT.

Die Heuwels Fantasties, Early B, Coenie de Villiers en Refentse.

Sondag 31 Oktober by Fort Schanskop by die Voortrekker Monument.

Die Heuwels Fantasties stel die Volume album met hulp van hul vriende Early B, Coenie De Villiers en Refentse bekend! In samewerking met Jack Daniels en Marras.

Pierre Greeff sê: “Kan nie wag om saam met ons tjommies weer iets in Pretoria te doen op ‘n skaal wat ons nie kon in 500 dae nie.  Volume by die Fort om ‘Volume’ die wêreld in te stuur!”

Leave a Reply

error: Content is protected !!