Corné Pretorius het die afgelope twee jaar groot sukses behaal met die uitreiking van vyf gewilde Afrikaanse enkelsnitte. Sy groot treffer “Halfvol” het reeds `n gesamentlike luisteraars-telling van 60 miljoen op nasionale radiostasies. Pretorius se debuut-album, met dieselfde titel, bestaan uit 10 liedjies wat in samewerking met `n span gedugte plaaslike kunstenaars en musiek-vervaardigers opgeneem is. Hunter Kennedy, Die Heuwels Fantasties, Ampie, Loki Rothman en Margot Rothman sing ondere andere op van die treffers op die album. Daarbysaam het vier top-musiekregisseurs aan die album gewerk, insluitende Fred den Hartog, Johnny de Ridder, Richard Onraet en Loki Rothman.

Die nuwe enkelsnit Skree volg op die hakke van die liedjie Liefde is `n Werkwoord, wat hierdie week nommer 1 op Bok Radio se Top 30 is, en ook tans op Jacarandafm se SA Top 20 verskyn.

Pretorius sê die besluit om Skree ook na radiostasies te stuur is geneem omdat die publiek daarvoor vra.  Hy vertel: “Ons het `n studio video van Skree saam met die album in September bekend gestel en my aanhangers lewer gereeld kommentaar op die liedjie. Mense vind tans aanklank daarby. Dit handel oor daardie laaste oomblikke in `n mens se lewe. Ons het almal mense aan Covid verloor. Die liedjie sny diep. In Engels sê hulle: “the rage to live.” Hierdie liedjie is baie na aan my hart en ek hoop dat dit vir meer mense ook iets sal kan beteken.”

Pretorius sê dat hy mense wil aanmoedig om, ten spyte van die probleme wat die wêreld tans in die gesig staar, hul passie na te volg. “Enigeiets is moontlik!” sê hy. “Ek kan nie glo dat dinge binne `n jaar so lekker vir my musiek-loopbaan uitgerol het nie. Ek het liedjies opgeneem met Die Heuwels Fantasties, Hunter Kennedy, Loki Rothman en Margot Rothman en die verhoog gedeel met Francois van Coke, Early B en Jack Parow. En nou het ek `n album bekend gestel en het `n nommer een liedjie op een van die mees gewilde radiostasies in die land. In my wildste drome as `n jong seun het ek nooit gedink ek sal eendag ABBA verbysteek vir `n nommer 1 posisies op `n treffersparade nie!”

Snitte op die album:

  1. Halfvol
  2. Liefde is `n Werkwoord – met Hunter Kennedy.
  3. Werk toe en Terug – met Loki Rothman
  4. Vergewe My
  5. Vuur en Vlam
  6. Skree
  7. Ek wil Glo
  8. Tyd hardloop uit – met Hunter Kennedy
  9. Biertjies – met Die Heuwels Fantasties and Ampie
  10. Sal dit jou gelukkig maak – met Margot Rothman

Videos:

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!