Die bekroonde Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer CheraLee, wat bekend is vir haar Afrikaanse en Engelse treffers, het sopas haar splinternuwe baanbrekers-EP getiteld “Elements” vrygestel.

Hierdie keer het CheraLee se produktiewe liedjieskryfkuns op die lessenaar van platinumverkoper en kunstenaar-vervaardiger Daniel Baron beland. Hy het nie net die album geproduseer nie, hy het ook sy stem verleen om saam met haar op hierdie aansteeklike pop-rock duet getiteld “Out Of My Hands” – ‘n aansteeklike pop-rock-duet. Die EP is ‘n versameling van hartroerende en maklik luister liedjies wat die geluk van soet melodieë en die aardse rouheid van blues en countryrock saambring.

Soos CheraLee voortgaan om by musiekfeeste op te tree en haarself gereed maak vir die album-promotoer, geniet sy die vreugdevolle gevoel om haar meesterstuk met haar aanhangers te deel.

“Dit was ‘n wonderlike reis om hierdie album te skep, en ek hoop dat hierdie liedjies mooi met die luisteraars resoneer. Ek dink daar is iets vir almal op hierdie album.”

Al die liedjies op die EP verwys na die vier elemente van Griekse kosmologie, naamlik aarde, vuur, water en lug. “Terwyl ons al hierdie elemente in ons heelal nodig het om te leef, lê die elemente wat nodig is om ‘n volledige en vervulde lewe te lei, binne onsself en ons verhale. My hoop vir hierdie EP is om luisteraars regoor die wêreld te verhef en inspireer deur die lirieke en melodieë van die liedjies,” sê die borrelende sangeres.

CheraLee & Daniel Baron op die enkelsnitomslag van Out Of My Hands | Foto Verskaf

CheraLee se vertelvermoë, gekombineer met haar rokerige vokale, trek die luisteraar in deur ‘n byna filmiese prentjie te skilder wat jou emosioneel sal beweeg.

Trefferskrywer-vervaardiger Daniel Baron, wat nou betrokke was by die musikale reëling van die komposisies, praat oor sy ervaring: “CheraLee het in die argiewe van haar verlede gedelf en ‘n paar verlore liedjies van haar gekies wat ons opgegrawe het; daarna het ons ook tyd geneem om nuwe deuntjies te skep. Die mengsel tussen nuut en oud, modern en klassiek, en soet met rou, is baie duidelik op hierdie album. Dit is tydloos.

Die spookagtige soet kreune van country-agtige kitare dryf oor kragtige pianoklanke, saam met Cheralee se rokerige vokale, terwyl kragtige perkusiewe elemente die tradisioneel-organiese met die moderne verbind, wat ‘n weemoedige en verheffende luisterervaring vorm.

Reputasie Rating: 8.2/10

Elements is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!