Dit is geen geheim dat Brendan Peyper ‘n hartedief is nie en daarom word dit ook aangeneem dat hy ‘n hartebreker is. Tog is die teenoorgestelde waar in sy nuutste enkelsnit.
Meisies Soos Jy, die instant gratification snit vanaf sy opkomende EP. Die liedjie vertel hoe meisies soos die ‘n man kan breek. Dit is een van die opregte en hartlike liedjies uit Brendan se pen en sal die perfekte toevoeging wees tot enige romantiese speellys hierdie winter.
Met airy pads en ‘n stemtoon wat hierdie baie intieme kant van Brendan wys, beloof Meisies Soos Jy om emosies wakker te maak binne sy aanhangers en selfs mense wat nog nie hierdie ontwakende liedjieskrywer ontdek het nie soos dit verander in ‘n moderne ballade met die verloop van die liedjie.
Meisies Soos Jy is beskikbaar op alle digitale platforms.