Hierdie week op die Kraakvars Top 40.
Brendan Peyper se nuutste enkelsnit Nee of Ja, maak sy debuut op No 1, Nee of Ja is ‘n Afrikaanse Pop-enjin wat jou hard sal op-rev en is aansteeklik.
Impulsief van Barto Swiegers is op No 2, dit is die liedjie se 13de week in die Top 2. Foto’s van Dodo Nyoka is op No 3.
Nora Vlok van Die Heuwels Fantasties & Appel is op No 4, dit is een posisie laer as verlede week.
Francois van Coke se musiekvideo vir sy liedjie Verlore sorg dat die liedjie op No 5 sy debuut maak.
Ontlaai van Ilan van Staden wat verlede week meer as 20 posisie tot in die Top 10 gespring het, is op No 6.
Vleisvreters van Neil Somers & Adam Tas maak hul debuut op No 7.
Ditjies & Datjies van FATMAN & Lianie May is op No 8, dit is die liedjie se 13de week in die Top 10.
H2Oë van Barto Swiegers is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Net Een Keer van Samantha Leonard.
Ander nuwe liedjies op die Kraakvars Top 40:
- Babbelas ² Kwadraat van Kevboii op No 23
- Voer My Vir Die Berge van Neil Nachtrein op No 31
- Geniet Die Rus van Herman Kleinhans op 38
- Lekker van Coenie met ‘n P op No 39
Liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:
- Beskerm My Hart van Deidre Barnard op No 25
Sien die volledige Kraakvars Top 40 hier:
Kraakvars Top 40 - 3 Maart 2023
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Nee of Ja | Brendan Peyper | 1 | 1 | N |
2 | Impulsief | Barto | 14 | 1 | 1 |
3 | Foto's | Dodo Nyoka | 18 | 1 | 2 |
4 | Nora Vlok | Die Heuwels Fantasties & Appel | 10 | 1 | 3 |
5 | Verlore | Francois van Coke | 1 | 5 | N |
6 | Ontlaai | Ilan van Staden | 3 | 5 | 5 |
7 | Vleisvreters | Neil Somers & Adam Tas | 1 | 7 | N |
8 | Ditjies & Datjies | FATMAN & Lianie May | 14 | 3 | 7 |
9 | H2Oë | Barto | 27 | 1 | 6 |
10 | Net Een Keer | Samantha Leonard | 19 | 1 | 9 |
11 | Jagvat | Jan Rhaap | 19 | 2 | 8 |
12 | Man So Na My Hart | Elizma Theron | 3 | 1 | 4 |
13 | As Die Plaas Byt | Marissa | 19 | 8 | 21 |
14 | Wat Maak Hy Daar | Kris Ray | 13 | 4 | 17 |
15 | Hobo-Hallelujah | Rudi Claase | 25 | 4 | 11 |
16 | Ek Wens | Ray Dylan | 18 | 3 | 16 |
17 | Kaap | Ryno Velvet & Jan Blohm | 24 | 2 | 15 |
18 | Witblits | Eloff | 32 | 2 | 18 |
19 | Ek Sal My Vingers Af Baklei | Angel De Lange | 3 | 18 | 22 |
20 | Dans met Gevaar | Juan Boucher | 10 | 1 | 20 |
21 | Sonder Liefde | Andriette | 14 | 6 | 25 |
22 | Bosveld Vakansie | Prop | 19 | 4 | 13 |
23 | Babbelas ² Kwadraat | Kevboii | 1 | 23 | N |
24 | Don't Be a Doos (Slamma D Remix) | Slamma D | 7 | 19 | 23 |
25 | Beskerm My Hart | Deidre Barnard | 2 | 25 | R |
26 | Katools | Kevboii | 19 | 7 | 14 |
27 | Jy is My Huis | Dodo Nyoka | 17 | 7 | 26 |
28 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 44 | 1 | 28 |
29 | Plaaslewe | Anlia Star | 20 | 1 | 24 |
30 | Heyto Tarentaal | Min-Gespin | 2 | 12 | 12 |
31 | Voer My Vir Die Berge | Neil Nachtrein | 1 | 31 | N |
32 | As Jy Praat | Dodo Nyoka | 17 | 5 | 31 |
33 | My Nannas | Wikus Botma | 20 | 4 | 29 |
34 | Ek sê so | Irene-Louise van Wyk | 10 | 8 | 30 |
35 | Burning Building | Lucy Kruger & The Lost Boys | 2 | 10 | 10 |
36 | Kwaaitjie | Prop | 31 | 1 | 36 |
37 | Dankie | Herman Kleinhans | 90 | 1 | 34 |
38 | Geniet Die Rus | Herman Kleinhans | 1 | 38 | N |
39 | Lekker | Coenie met 'n P | 1 | 39 | N |
40 | Hartseer Freaks | Francois van Coke & Hunter Kennedy | 13 | 8 | 39 |