Bloumoord is ‘n Afrikaanse rock band van Boksburg, Gauteng. Hulle het onlangs hul nuutste enkelsnit Dis Okay vrygestel. Dis Okay is ‘n mid tempo rock snit waarvan die lirieke verskillend geïnterpreteer word, dit kan jou motiveer om deur ‘n moeilike dag te kom of jou help met jou diepste worstelinge.

Bloumoord is in 2019 gevorm en hulle bestaan uit vier lede, Tiaan Enslin (hoofsanger), Marcelle van der Heever (hoofkitaar), Trevor Enslin (baskitaar), en Martin Enslin (dromme). Die band het hul eerste EP wat na hulself vernoem is opgeneem en vrygestel in Junie 2019.

Van links: Trevor Enslin; Martin Enslin; Tiaan Enslin; Marcelle van der Heever. Foto: Facebook

Dis Okay was opgeneem tydens die inperking, en produksies en skryfwerk is gedoen deur Tiaan en Marcelle by die B Sharp Studios in Boksburg. Die ateljee het al van Suid-Afrika se beste kunstenaars gehuisves soos Fokofpolisiekar, Karen Zoid, Aking, Prime Circle en Corlea Botha.

Dis Okay laat mens wonder oor die lewe en die dieper dinge van die lewe. Dis definitief een van daardie snitte as jy die langpad Kaap toe vat en dit speel op die radio sal jy die radio harder draai om dit te waardeer. Daar is verskeie lirieke wat jou aan jou siel vat maar die twee wat uitstaan is in die koor “Wie gee om anyway, Ek lewe inelkgeval net deeltyds” en “Soms moet jy bloei om te weet dat jy leef en nogsteeds ‘n siel het”. Altwee van hierdie lirieke lyne laat dink aan die groter prentjie van die lewe.

Bloumoord het baie potensiaal en hulle het begin skryf aan hul debuut album wat die lig in vroeg in 2021 gaan sien. Dit is definitief iets om na uit te sien en soos Bloumoord dit self beskyf: “Ons bring die mees diverse en crazieste album wat die land nog ooit gesien het! MAAK REG SA!”

Leave a Reply

error: Content is protected !!