Impulsief

Hierdie week op die Kraakvars Top 40:

Barto Swiegers se tweede enkelsnit, Impulsief is vir die derde nie-opeenvolgende week op No 1. Die liedjie het vier weke gelede sy debuut op No 1 gemaak en in die tweede week afgesak na No 2, waarna dit weer gestyg het na die hoogste posisie toe.

Foto’s van Dodo Nyoka is op No 2, vir die tweede week. Die liedjie het nog nooit die Top 2 verlaat nie vanaf dit agt weke gelede sy eerste verskyning op die trefferlys gemaak het. FATMAN & Lianie May is Ditjies & Datjies is op No 3.

Kris Ray se Wat Maak Hy Daar klip na No 4, dis die liedjie se 3de week op die trefferlys. Jagvat van Jan Rhaap is op No 5. Witblits van Eloff is op No 6, die liedjie is al 22 weke op die trefferlys.
Katools van Kevboii is op No 7, dit is die hoogste posisie wat die liedjie nog bereik het.

Voete Van Klei van Straatligkinders sak terug na No 8, na die liedjie verlede week sy debuut gemaak het op No 3. Jy is My Huis van Dodo Nyoka is op No 9. Die Top 10 word voltooi deur Nadine se Liefde Sonder ‘n Maar.

Nuwe liedjies op die trefferlys:

  • My Sonskyn van Melissa Van Jaarsveld op No 12
  • Uit Bethlehem van Johan Vorster & Bernice West op No 40

Ander liedjies wat weer op die trefferlys verskyn:

  • Stof van Christiaan Baartman op No 21
  • Dronk op Liefde van Frans Naumann op No 23
  • Rigtingloos van Van Reg en Rede op No 26
  • Drink van Frikkie Braadbroodjie op No 28
  • Kind van die Wind van Rooksein op No 39

Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.

Sien die volledige trefferlys hier:

Kraakvars Top 40 - 23 Desember 2022

No Liedjie Kunstenaar Weke op Trefferlys Hoogste Posisie Verlede Week
1 Impulsief Barto 4 1 1
2 Foto's Dodo Nyoka 8 1 2
3 Ditjies & Datjies FATMAN & Lianie May 4 3 4
4 Wat Maak Hy Daar Kris Ray 3 4 7
5 Jagvat Jan Rhaap 9 2 9
6 Witblits Eloff 22 2 11
7 Katools Kevboii 9 7 15
8 Voete Van Klei Straatligkinders 2 3 3
9 Jy is My Huis Dodo Nyoka 7 7 14
10 Liefde Sonder 'n Maar Nadine 4 4 8
11 Ek Wens Ray Dylan 8 3 16
12 My Sonskyn Melissa Van Jaarsveld 1 12 N
13 Kaap Ryno Velvet & Jan Blohm 14 2 21
14 Sonder Liefde Andriette 4 6 19
15 My Nannas Wikus Botma 10 4 22
16 As Die Plaas Byt Marissa 9 8 20
17 As Jy Praat Dodo Nyoka 7 5 18
18 10 Uit 10 Rooksein 6 3 13
19 Plaaslewe Anlia Star 10 1 12
20 Hartseer Freaks Francois van Coke & Hunter Kennedy 4 8 17
21 Stof Christiaan Baartman 2 3 R
22 Kwaaitjie Prop 21 1 27
23 Dronk op Liefde Frans Naumann 2 23 R
24 Net Een Keer Samantha Leonard 9 1 6
25 Wie's Jou Kat? Danny Smoke 8 19 26
26 Rigtingloos Van Reg en Rede 3 4 R
27 Kopskud Revolusie Droomsindroom (feat Spoegwolf) 14 4 28
28 Drink Frikkie Braadbroodjie 2 27 R
29 Vuur en Vlam Van West 2 25 25
30 Skobbejak Reen (feat. Refentse) 22 10 32
31 Sandkasteel Nicholis Louw 4 18 34
32 Hey Sonneblom Droomsindroom 34 1 23
33 Hobo-Hallelujah Rudi Claase 15 4 29
34 Tussen Die Lyne Jan Blohm & Ryno Velvet 22 5 36
35 Mooiste Meisies Angie Oeh 4 10 30
36 Bokswyn Caroline Grace 16 6 40
37 Gereed Om Weer Seer Te Kry Samantha Leonard 7 14 24
38 Lyfstraf Bjarne X Snacci 26 2 37
39 Kind van die Wind Rooksein 3 14 R
40 Uit Bethlehem Johan Vorster & Bernice West 1 40 N

Leave a Reply

error: Content is protected !!