Barto Swiegers en Marissa span hul stemme saam vir ‘n treffer. Die liedjie Ons Twee Genoeg is ‘n romantiese treffer wat liefhebbers sal betower.

Barto se whisky-stem is die stem van ‘n man wat die pyn van ‘n gebreekte hart ken, terwyl Marissa die luisteraar in spanning hou met haar kragtige stem wat soms tot ‘n soniese hoogtepunt lei. Barto se eerste twee enkelsnitte het dadelik die nommer een posisie op die Afrikaanse musiekkaarte behaal, waarvan een reeds ‘n goue status bereik het en die ander kort daarop volg.

Marissa maak ook ‘n naam vir haarself as ‘n musikant met ‘n stem wat aandag verdien. Die kombinasie van hierdie twee musikante skep ‘n ongelooflike krag wat genoeg is om die hele land se ligte aan te hou. Hierdie liedjie is geskik vir enige romantiese geleentheid, van ‘n gr. 7-garage partytjie tot ‘n huilbui in die kar buite die koshuis, of selfs as ‘n in-stap liedjie op jou troudag.

Kyk die musiekvideo hier:

Ons Twee Genoeg is ‘n veelsydige ballade in die styl van die grootse musikante. As Bryan Adams ‘n snor gehad het en Afrikaans gepraat het, en as Sheryl Crow in Centurion gebore was, sou hulle saam hierdie liedjie geskryf het. Dis rau, dis kuns, dis chemie, dis hierdie liedjie!

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!